Rekord-skare by Wembley vir langverwagte Joshua/Dubois-geveg

--:--
Boks: Twee Britse swaargewigte, Anthony Joshua en Daniel Dubois, takel mekaar môre in ʼn IBF-kragmeting voor ʼn rekord-skare van 96 000 op die Wembley-stadion in Londen. Dubois het die tussentydse IBF-titel in Junie gewen en sy status is tot wêreldkampioen verhoog nadat Oleksandr Usyk van Oekraïne onttrek het. Joshua bevind hom in die verpligte uitdager-posisie vir die wêreldtitel nadat hy in 2022 ʼn tweede agtereenvolgende nederlaag teen Usyk gely het. Joshua sê hy is nou meer volwasse en reg die uitdaging.
20 Sep 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Voertuig-eienaars kla oor laat betaling na kiesersregistrasie

Sommige mense wie se voertuie tydens die Algemene Registrasie van Kiesers gebruik is, sê hulle is nog nie betaal nie. Hulle sê hulle het kontrakte gehad, maar baie min van hulle het hul betalings volgens die ooreenkoms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Verkiesingskommissie van Namibië se woordvoerder,…
20 Sep 12PM 1 min

Outa loof uitlewering van Eskom-kontrakteur Michael Lomas

Outa het die uitlewering geloof van die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, wat gekoppel word aan die Kusile-bedrogsaak van 745-miljoen-Suid-Afrikaanse rand. Interpol het hom uitgelewer en hy sal saam met voormalige Eskom-bestuurders en ander beskuldigdes teregstaan. Lomas, wat in 2021 in Brittanje in hegtenis geneem is, is borgtog van 1,7-miljoen-rand en…
20 Sep 12PM 1 min

Landbou belangrik vir werkskepping: !Gawaxab

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het by die bank se jaarlikse simposium beklemtoon dat landbou 'n belangrike aspek van werkskepping in die land bly. Hy het beklemtoon dis belangrik om die sektor te transformeer as 'n kritieke strategie om ekonomiese groei te bevorder en produktiwiteit te…
20 Sep 11AM 1 min

Beskuldigde in miljard-rand tenderbedrogsaak doodgeskiet

Die vierde beskuldigde in die behuisingstender-bedrogsaak van een-miljard-rand waarby die voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Behuising, Malusi Booi, betrokke is, is in Beacon Valley, Mitchells Plain, doodgeskiet. Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het aan Newzroom Afrika gesê dat Abdul Kader Davids, sedert Dinsdag uit was op borgtog van 250-duisend-rand. Volgens hom is geen…
20 Sep 11AM 1 min

Landbou-unie ondersteun rooilyn-verskuiwing, mits reg gedoen

Die kabinet het die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, goedgekeur. Die landbouministerie sal 'n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat die Mangetti-gebied insluit. Reaksie word nog ontvang en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en…
20 Sep 10AM 1 min