Landbou-unie ondersteun rooilyn-verskuiwing, mits reg gedoen
--:--
Die kabinet het die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, goedgekeur. Die landbouministerie sal 'n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat die Mangetti-gebied insluit. Reaksie word nog ontvang en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die Namibiese Landbou Unie, wat sê hulle ondersteun die besluit, met sekere voorwaardes.