Kampioeneliga-halfeindplekke op die spel

--:--
Sokker: Twee Kampioenebeker-kwarteindstryde sal vanaand beslis word. Barcelona is reeds 3-2 voor na die eerste ronde en verwelkom Paris Saint Germain, terwyl Atletico Madrid hulle 2-1 voorsprong sal probeer beskerm wanneer hulle Borussia Dortmunt vir die tweede ronde besoek. Die bestuurder Edin Terzic wil hê Dortmunt moet hulle tuisveldvoordeel laat tel.
16 Apr 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nida se gesukkel kom reeds 'n lang pad

Die Keetmanshoop raadslid vir die landelike kiesafdeling Willem Labuschagne het gereageer op berigte dat Nida se projekte uitmekaar val en vervalle gelaat word. Van die grootste uitdagings is die wanbetaling op water- en kragrekenings. Projekte kom ook nie van die grond af nie. Labuschagne sê op die einde van die…
30 Apr 6AM 1 min

Belgiese koning op staatsbesoek, hernubare energie op die agenda

Koning Philippe van België is op staatsbesoek na Namibië. President Nangolo Mbumba het vanoggend die media toegespreek en sê die land sal sy oliebronne gebruik om die oorgang na groener bronne te bewerkstellig en sal saam met België in die verband werk.
30 Apr 6AM 1 min

Werkersdag herdenk terwyl werkers wag op minimumloon

Namibiese werkers sal op 1 Mei in Rundu in die Kavango-Oos-streek bymekaarkom om Werkersdag te herdenk. Die tema vir hierdie jaar is "Namibië se werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en daarna". Dit is egter 34 jaar na onafhanklikheid en die land het steeds…
30 Apr 6AM 1 min

DBN herdenk 20 jaar, skep duisende werksgeleenthede

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy 20ste bestaansjaar herdenk. Die bank se uitvoerende hoof John Steytler, het onthul dat die bank oor die afgelope twee dekades meer as 115 000 werksgeleenthede gegenereer het deur sy befondsing van projekte. Hy voeg by dat sedert sy stigting tot Februarie vanjaar het die…
30 Apr 5AM 1 min