Werkersdag herdenk terwyl werkers wag op minimumloon

--:--
Namibiese werkers sal op 1 Mei in Rundu in die Kavango-Oos-streek bymekaarkom om Werkersdag te herdenk. Die tema vir hierdie jaar is "Namibië se werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en daarna". Dit is egter 34 jaar na onafhanklikheid en die land het steeds nie ’n nasionale minimumloon nie. Verlede jaar het werkersvakbonde teen die regering uitgevaar oor die stadige implementering daarvan. Arbeidminister Utoni Nujoma het toe aangekondig dat 'n plan vir 'n verwagte minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur teen Maart vanjaar geïmplementeer sal word. Dit het nie gebeur nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, oor die kwessie gepraat.
30 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Staan mans by vir geestesgesondheid: kenner

'n Stille krisis is besig om in Namibië te ontvou namate geestesgesondheidskwessies onder mans eskaleer. Daar is 'n idee dat mans taai, sterk en altyd in beheer moet wees. Om kwesbaarheid te toon of te erken dat jy oorweldig voel, word dikwels as 'n teken van swakheid gesien. Gevolglik ly…
17 May 1PM 1 min

Voormalige gyselaar vra VN om gyselaarsituasie in Gaza te beëindig

Die voormalige gyselaar in Gaza en stigter van Fair Planet, Shoshan Haran, versoek die VN se Veiligheidsraad om in te gryp met die vrylating van gyselaars in die konflik in Gaza. Sy het tydens ‘n informele byeenkoms in New York, wat deur Amerika byeengeroep is, aangedring op die vrylating van…
17 May 1PM 1 min

Namibië wil digitale kloof oorbrug

Namibië het by die wêreld aangesluit om Wêreldtelekommunikasie- en Inligtingsamelewingsdag te vier onder die tema: “Digitale Innovasie vir Volhoubare Ontwikkeling”. Die dag dien as 'n herinnering aan die eindelose geleenthede wat die digitale ruimte bied, veral in hoe digitale innovasie konnektiwiteit en volhoubare welvaart vir almal kan bevorder. Adjunk-kommunikasie-minister Modestus…
17 May 11AM 1 min

Israel sê SA is bondgenoot van Hamas

Israel beweer Suid-Afrika is 'n bondgenoot van Hamas en verdraai die feite. Israel het vanoggend sy betoog gelewer voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beskuldigings verwerp dat hy hulp aan Gaza verhoed en grense sluit. Die land beskryf Suid-Afrika se beskuldigings as ongegrond en afstootlik. Die raadgewer…
17 May 11AM 1 min

Internasionale Dag teen Homofobie 'belangrik in Namibiese opset'

Die Internasionale Dag teen Homofobie, Bifobie en Transfobie word op 17 Mei gevier. Die dag het ten doel om internasionale geleenthede te koördineer wat bewustheid van LGBT-regteskendings en LGBT-regtewerk wêreldwyd verhoog. In 2016 het die herdenkings in meer as 130 lande plaasgevind. Die LGBT-gemeenskap in Namibië word geteiken in aanvalle…
17 May 10AM 1 min