
Acsa plaas druk op vliegkaartjies se pryse
In die jongste uitgawe van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se skerp verhoging in sy gebruikstariewe. Van Onselen kyk ook na die hoër repokoerse wat in die vooruitsig is en Johannesburg se City Power wat ʼn private kragaankoopooreenkoms aangegaan het.