100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,530 Episodes
44 – 64

19 vas vir mensehandel, onwettige immigrasie

19 mense verskyn Vrydag weer in die Middelburg-streekshof vir beweerde mensehandel en oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke is 17 jong Ethiopiese mans en twee Suid-Afrikaanse burgers verlede Woensdag op die N11 tussen Groblersdal en Middelburg gearresteer. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi,…
6 Mar 3AM 1 min

Protesteerders sluit munisipale kantore Sabie

Die DA in Thaba Chweu moedig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, aan om gehoor te gee aan die griewe van inwoners wat vandag met protestoptrede alle dienslewering in Sabie lamgelê het. Raadslid Marvn Pillay sê die munisipale kantore is deur protesteerders van Nkamini and Simile gesluit na hulle ‘n memorandum van…
5 Mar 10AM 1 min

Gedenkdiens vir oorlede onderwysers Dinsdag gehou

'n Gedenkdiens vir drie onderwysers wat Woensdag in 'n botsing op die N4 dood is, word môre in Matsulu gehou. Thembinkosi Nkosi, Kholwani Sibisi en Nickson Toga het Wiskunde en Wetenskap by Tikhontele en Masitakhe Sekondêre Skole in Matsulu aangebied en was op pad terug van 'n opleidingsessie in Emalahleni…
4 Mar 7AM 1 min

Polisie waarsku weer teen blouligbendes in Mpumalanga

Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer. Hulle sê dat werklike wetstoepassers jou sal toelaat om tot by ‘n veilige plek te ry om af te trek, as hulle jou stop. Hulle vra ook…
1 Mar 7AM 1 min

Nuusberig: Polisie waarsku teen blouligbendes

Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer.
1 Mar 7AM 3 min

Vermeende verkragter vinnig vasgetrek

‘n Vermeende verkragter is aangekeer na hy Sondagaand ‘n 27-jarige vrou in Machadodorp aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Magonseni Nkosi, is sy ten aanskoue van drie mans deur ‘n ander oorval en by bosse ingesleep. Hulle het versuim om in te tree. Die 26-jarige verdagte is Dinsdag…
29 Feb 10AM 1 min

N4-ongeluk eis twee onderwysers

Twee onderwysers is gistermiddag dood on ‘n trompop-botsing op die N4 buite Mbombela. Volgens Emer-G-Med het 'n ligte afleweringsvoertuig en sedan omstreeks 20-oor-3 tussen Eric's Stalls en Rivulets teen mekaar vasgery. Vyf mense is beseer. ‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die onderwysers was op pad terug…
29 Feb 12AM 1 min

Besware oor toename in misdaad in Middelburg

Die DA in Mpumalanga sê misdaad raak buite beheer in die middedorp van Middelburg weens Steve Tshwete-munisipaliteit se versuim om hul eie ordonanse te polisieër. Raadslid, Damien Klopper, sê die toename in misdadige aktiwiteite sluit in openlike dwelmgebruik en prostitusie. Hy sê skoolkinders in Rietkuil word in gevaar gestel deur…
27 Feb 3AM 1 min

21ste Savanna-konferensie eersdaags in Skukuza

Die Krugerwildtuin sal vanaf 3 Maart wetenskaplikes en navorsers van regoor die wêreld verwelkom vir die jaarlikse Savanna Wetenskap Netwerk-vergadering in Skukuza. Dit is die 21ste jaar dat die vier-dag konferensie aangebied word. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê hulle verwag 208 afgevaardigdes van 80 organisasies uit 25…
27 Feb 2AM 1 min

Twee broers dood in skietery by drankwinkel in Calcutta

# Twee broers is dood en nog twee mense gewond tydens 'n skietery by 'n drankwinkel in Mantangaleni-trust by Calcutta Vrydagaand. Die broers van 25- en 30-jaar-oud is noodlottig gewond, terwyl ‘n 35-jarige vrou en ‘n 29-jarige man in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal is. Volgens die polisiewoordvoerder in…
26 Feb 12AM 1 min

Werker in Krugerwildtuin in haar kamer deur hiëna aangeval

Die Krugerwildtuin ondersoek die omstandighede waaronder ‘n vroulike werknemer deur ‘n hiëna gebyt is. Volgens die wildtuin het sy in die woonkwartiere vir werknemers by Berg en Dal geslaap toe die dier haar aan die arm gebyt het. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê sy is hospitaal toe…
21 Feb 8AM 1 min

DA dreig met regsaksie na nog 'n huis in Barberton afbrand

Die DA dreig met regsaksie teen Mbombela om die munisipaliteit te forseer om minimum-branddienste aan Barberton te lewer. Dit volg na nog ‘n huis Saterdagaand in Emjindini tydens ‘n brand verwoes, en twee mense gehospitaliseer, is. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Mbombela-brandweer het twee ure later eers opgedaag. Hy sê…
20 Feb 3AM 1 min

Boere hoor vandag oor borgtog na twee mans verdwyn

Twee mans hoor vandag in die Evander-landdroshof of hulle borgtog toegestaan is. Hermanus De Laray, ‘n plaaseienaar, en William Underhay, ‘n plaasbestuurder, is in Januarie gearresteer op aanklagte van moord en regsverydeling. Dit volg op die verdwyning van twee mans verlede Mei op hul plaas in die Leslie-omgewing. Die polisiewoordvoerder…
20 Feb 3AM 1 min

Man in aanhouding na hy vrou glo in Komatipoort doodskiet

'n 46-jarige vrou is Vrydag in Komaptipoort doodgeskiet - na bewering deur haar vriend. Volgens die polisie het sy as ‘n amptenaar vir die polisie gewerk. Haar liggaam is deur haar dogter ontdek toe sy van die skool af teruggekeer het huis toe. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die…
18 Feb 11PM 1 min

Mpumalanga trek vermeende huisrowers van KwaZulu-Natal naby Volksrust vas

Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die interprovinsiale samewerking tussen beamptes geloof wat daartoe gelei het dat drie vermeende huisrowers in Mpumalanga aangekeer is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes is in die vroeë-oggendure van Woensdag naby Volksrust gearresteer. Hulle was glo in besit van ‘n voertuig…
16 Feb 7AM 1 min

Ondersoek na man in Sabie doodgeskiet word

Die polisie in Mpumalanga vra enigiemand met inligting oor twee onlangse skietvoorvalle om na vore te kom. 'n Man in Sabie is gisteraand verskeie kere geskiet voor hy by die hospitaal beswyk het. Dit volg op ‘n skietery verlede Donderdag toe ‘n taxibestuurder in Kriel gewond is. Hy wakker geword…
14 Feb 7AM 1 min

ActionSA fokus op energiekrisis

Die provinsiale voorsitter en Mpumalanga premierskandidaat vir ActionSA, Thoko Mashiane, sê die party se topprioriteit is om die energiekrisis in die land aan te spreek. ActionSA het gister sy premierskandidate vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat bekendgemaak. Mashiane was vroeër ‘n munisipale bestuurder en vroueleier in die ANC se…
14 Feb 4AM 1 min

Vrou wat Delmas laerskool glo besteel verskyn in hof

’n 52-jarige finansiële beampte by ‘n laerskool in Delmas het gister in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Larrisa Aloma Vern tussen Maart en November verlede jaar meer as 2-miljoen-Rand uit die skool se bankrekening na haar eie private rekeninge oorbetaal. Die woordvoerder van die…
13 Feb 11PM 1 min
44 – 64