Vermeende verkragter vinnig vasgetrek

--:--
‘n Vermeende verkragter is aangekeer na hy Sondagaand ‘n 27-jarige vrou in Machadodorp aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Magonseni Nkosi, is sy ten aanskoue van drie mans deur ‘n ander oorval en by bosse ingesleep. Hulle het versuim om in te tree. Die 26-jarige verdagte is Dinsdag by sy werksplek aangekeer.
29 Feb 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Polisie lê beslag op amper 5-miljoen-Rand se dagga

Die polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van…
11 Oct 4AM 1 min

DA bevraagteken aanstelling van ongeskikte kandidaat

Die DA in Thaba Chweu het aan die Premier, Mandla Ndlovu, en LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, geskryf om kapsie aan te teken teen die aanstelling van ‘n Tegniese Bestuurder in die munisipaliteit. DA-raadslid, Spiridon Couvaras, sê die regerende ANC het tydens ‘n onlangse raadsitting blatant minimum vereiste kwalifikasies…
10 Oct 5AM 1 min

Departement stig eenheid om politieke moorde in Mpumalanga te ondersoek

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek. Daar was sedert 1998 'n aantal hoë-profiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit. Jimmy Mohlala, was die Speaker in Mbombela; Sammy Mpatlanyane, die voormalige hoof van kommunikasie…
9 Oct 7AM 1 min

Premier loods pad-instandhoudings-projek

Die Premier, Mandla Ndlovu, het vanoggend 'n massiewe padinstandhouding-intervensie-program, "Kubhunya Lutfuli" in Belfast van stapel gestuur. Die provinsie-wye program fokus op die versnelling van padinstandhouding om toegang te verbeter, deur die integrasie van hulpbronne op provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Dit vorm deel van die provinsie se reeks aktiwiteite Oktober om…
7 Oct 8AM 1 min

SOE gaan verkryging in Gesondheidsdepartement ondersoek

Die DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale…
7 Oct 8AM 1 min