Boere hoor vandag oor borgtog na twee mans verdwyn

Loading player...
Twee mans hoor vandag in die Evander-landdroshof of hulle borgtog toegestaan is. Hermanus De Laray, ‘n plaaseienaar, en William Underhay, ‘n plaasbestuurder, is in Januarie gearresteer op aanklagte van moord en regsverydeling. Dit volg op die verdwyning van twee mans verlede Mei op hul plaas in die Leslie-omgewing. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle glo die beskuldigdes het die mans wat een aand op hul plaas gejag het, doodgeskiet en van hul liggame ontslae geraak.
20 Feb 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min