DA dreig met regsaksie na nog 'n huis in Barberton afbrand

Loading player...
Die DA dreig met regsaksie teen Mbombela om die munisipaliteit te forseer om minimum-branddienste aan Barberton te lewer. Dit volg na nog ‘n huis Saterdagaand in Emjindini tydens ‘n brand verwoes, en twee mense gehospitaliseer, is. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Mbombela-brandweer het twee ure later eers opgedaag. Hy sê die volgehoue tekort aan brandweerdiense aan Barberton word vererger deur die ANC-beheerde stadsraad se weiering om ‘n brandweerwa in die dorp te stasioneer.
20 Feb 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 2025 7AM 10 min