21ste Savanna-konferensie eersdaags in Skukuza

Loading player...
Die Krugerwildtuin sal vanaf 3 Maart wetenskaplikes en navorsers van regoor die wêreld verwelkom vir die jaarlikse Savanna Wetenskap Netwerk-vergadering in Skukuza. Dit is die 21ste jaar dat die vier-dag konferensie aangebied word. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê hulle verwag 208 afgevaardigdes van 80 organisasies uit 25 lande. Ekologiese kwessies sal bespreek word, met maatskaplike uitdagings soos kulturele erfenis, wildlewe misdaad en konflik tussen mens en dier wat vanjaar ook op die agenda is.
27 Feb 2024 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min