100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
1440 – 1460

Opod ondersoek man se dood in Ermelo-hospitaal

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het vandag die nadoodse ondersoek bygewoon van 'n 29-jarige man wat in Ermelo-hospitaal dood is. Hy is na bewering op 12 Junie deur polisielede aangerand by die Jeppe-polisiestasie in Gauteng. Sy broer het video en foto’s geneem. Hy is aangekeer vir die besit van dwelms en…
24 Jun 2021 7AM 1 min

Jongste waardasierol open volgende week vir inspeksie

Eienaars van eiendom in Mbombela het van volgende maand af slegs vyf weke om die jongste waardasierol van eiendomme na te gaan en moontlik beswaar aan te teken. Dié rol word jaarliks hersien en bepaal die bedrag waarop eiendomsbelasting bereken word. Dit gaan in die komende finansiële jaar met ses…
23 Jun 2021 9AM 1 min

Inentingsprogram vir Mpumalanga-onderwyspersoneel bekendgestel

Mpumalanga se LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vanoggend saam met LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die inentingsprogram vir Mpumalanga se onderwyspersoneel bekendgestel in Kanyamazane. Twintig inentingslokale is beskikbaar gestel om te verseker almal word geënt binne ses dae. Manzini sê hulle moedig steeds mense ouer as 60 aan ook…
23 Jun 2021 8AM 1 min

Beloning vir inligting oor verdagtes wat motorbande beskadig

TRACN4 het ‘n 10-duisend-Rand belonging uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van oortreders sal lei wat sogenaamde "tyre spiking" doen. Voorwerpe word in die pad geplaas om voertuie te beskadig wat motoriste forseer om te stop en hulle word dan beroof. Solange Soares sê dit is nie uniek…
23 Jun 2021 7AM 1 min

Onderwyspersoneel vanaf môre geënt

Mpumalanga se LUR'e vir onderwys en gesondheid sal môre saam die provinsie se inentingsprogram vir onderwyspersoneel in Kanyamazane bekendstel. Dumisani Malamule sê besonderhede oor hoe alle personeel ingeënt gaan word, sal dan bekendgemaak word. Die 100-duisend-merk vir inentings in die provinsie is Vrydag verbygesteek. Daar is tans 582 aktiewe gevalle…
22 Jun 2021 7AM 1 min

Twee onderwysers voorlopig geskors na herrie by HTS Witbank

Leerlinge van HTS Witbank het vandag teruggekeer skool toe, na die skool verlede week gesluit is weens wrywing oor 'n video waarin kinders baklei. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane en die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die skool besoek. Sy sê twee onderwysers is voorlopig geskors na die voorval in ‘n…
21 Jun 2021 6AM 1 min

Verdagte vasgetrek na transitoroof

Een van die verdagtes wat na bewering op 6 Mei ‘n transito-roof probeer uitvoer het, is aangekeer. Die R40 tussen Nelspruit en Barberton was vir ure gesluit na ‘n groep gewapende mans die geldwa van die pad probeer druk het. Sizwe Mduduzi Mahlalela is Donderdag deur die Valke aangekeer. Hy…
21 Jun 2021 5AM 1 min

‘Hy was ‘n held’ sê vrou oor vermoorde Mason Mccleeve

Die 27-jarige Mason Mccleeve het baklei om sy vrou en kind te beskerm, toe hy Woensdag doodgeskiet is. Zanyika Maclean vertel hulle het geslaap toe mense inbreek. Hy het hulle van sy gesin probeer weghou en is twee keer geskiet. Een keer in die maag en deur die hart, volgens…
19 Jun 2021 5AM 1 min

Pumas skop Curriebeker af met omvattende wen teen Leeus

Die New Nation Pumas het gisteraand die Leeus met 39-10 gewen by Mbombela-stadion in hul eerste kragmeting van die 2021 Curriebeker. Sibusiso Sangweni het die besoekers se enigste drie aangeteken. Die pienktruie kon in die eerste helfte twee driee aanteken om teen rustyd 18-10 voor te loop. Ettiene Taljaard, Simon…
19 Jun 2021 4AM 1 min

Hi-Tech se Axxon-kameras opgegradeer

Hi-Tech Sekuriteit doen steeds hul naam gestand deur te verseker hulle gee die toon aan in die gebruik van tegnologie om mense veiliger te hou. Hul Axxon-kameras het nou addisionele funksies, wat selfs beter beveiliging bied. Callum MacPherson verduidelik dat die vroeë waarskuwing die verrassingselement wegneem by die rowers.
17 Jun 2021 9AM 1 min

Covid-19-gevalle tel geleidelik op in Mbombela

Die derde golf van Covid-19-infeksies het nog net in Mbombela begin - en ‘n groter impak word later verwag. Dokter Kim Faure van die Mediclinic-groep, sê Mpumalanga - en Mediclinic Nelspruit - toon wel ‘n geleidelike toename in gevalle. Sy voeg by dat die hospitaal onder druk is, maar steeds…
17 Jun 2021 7AM 1 min

Lizard Rock vanoggend beroof

Lizard Rock in die Uitkyk-omgewing is op soortgelyke wyse vanoggend aangeval. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit het om ongeveer agt-uur gebeur. ‘n Groep van vyf of ses verdagtes het die eienaar vasgebind en klein items, soos selfone, uit die kroeg en sy naburige huis gesteel. Albert Gryvenstein van…
17 Jun 2021 6AM 1 min

Man doodgeskiet tydens gewapende roof by Rocky Drift

‘n Man is dood nadat hy gisteraand tydens ‘n gewapende roof by sy huis in Rocky Drift geskiet is. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê vyf mans, waarvan ten minste een gewapen was, het by verskillende huise probeer inbreek. By dié betrokke huis het die inwoner hom verset en hy…
17 Jun 2021 5AM 1 min

Graskop maak kapsie teen rondloper-vee

Die Graskop-belastingbetalersvereniging beplan om klein-eise aansoeke te bring teen die eienaars van rondloper-vee in die dorp. Lance Gibson sê hulle rig groot skade aan en vernietig eiendom. Aangesien die dorp geen skut het nie, en die bywettoepassers nie die gesag het om hulle ta vang nie, et hulle besluit om…
15 Jun 2021 8AM 1 min

Barberton DBV weer besteel

‘n Pitbull is gister by die Barberton DBV gesteel. Dit volg op 'n inbraak verlede naweek, toe sowat 2-duisend-Rand se hondekos uit hul stoorkamer gesteel is. Marlies Liebenberg sê dit lyk asof hulle geteiken word. Hulle vermoed dat die diewe toegang gekry het deur die kampe waar die honde bedags…
14 Jun 2021 8AM 1 min

Klasse vir 'n week opgeskort by HTS Witbank

LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê daar is besluit om klasse by die Hoër Tegniese Skool Witbank vir ‘n week op te skort, nadat chaos vanoggend voor die skoolhekke uitgebreek het. Majuba het met die skoolbestuur vergader oor video’s wat verlede week gesirkuleer het van kinders wat glo baklei. Volgens…
14 Jun 2021 7AM 1 min

Meer as helfte van geregistreerde 60-plussers ingeënt

Meer as die helfte van geregistreerde 60-plussers is tot dusver in Mpumalanga teen die koronavirus ingeënt. LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vanoggend haar begrotingsrede vir die finansiële jaar gelewer. Sy sê meer as 21-duisend gesondheidswerkers het ook al hul inentings ontvang. Volgens Manzini het die pandemie ook uiters negatiewe…
10 Jun 2021 7AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord in Middelburg

Die 28-jarige Percy Tlamama is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hoogeregshof in Middelburg. Tlamama het in Desember 2017 die 56-jarige Johannes Moekwa in sy huis in Siyabuswa beroof en met sy eie vuurwapen doodgeskiet. Hy het ook kontant, bokke en skape, asook ‘n bakkie gesteel. Hy het…
10 Jun 2021 3AM 1 min

Hondekos gesteel tydens inbraak by Barberton DBV

Sowat twee-duisend-Rand se hondekos is Sondagaand gesteel tydens ‘n inbraak by die Barberton DBV. Marlies Liebenberg sê die personeel het Maandagoggend met hul aankoms gevind daar is by die stoor waarin die kos gebêre word, ingebreek. Die draad om die terrein is geknip en die spore van ‘n voertuig is…
9 Jun 2021 9AM 1 min

Pumas stel wedstryd teen Cheetahs af weens Covid

Die New Nation Pumas het hul opwarmingswedstryd Vrydag teen die Cheetahs afgestel, weens kommer oor Covid-gevalle. Dít na die afrigter van die Oostelike Provinsie en elf van sy spelers positief getoets het. Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Marius van Rensburg, sê aangesien die Cheetahs verlede naweek teen die OP slaags…
9 Jun 2021 8AM 1 min
1440 – 1460