Inentingsprogram vir Mpumalanga-onderwyspersoneel bekendgestel

Loading player...
Mpumalanga se LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vanoggend saam met LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die inentingsprogram vir Mpumalanga se onderwyspersoneel bekendgestel in Kanyamazane.
Twintig inentingslokale is beskikbaar gestel om te verseker almal word geënt binne ses dae.
Manzini sê hulle moedig steeds mense ouer as 60 aan ook hul inentings te ontvang.
Die provinsie het ook 'n uitreik-diens vir ouer gemeenskappe van stapel gestuur.
23 Jun 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min