Die derde pitbull in vier maande is gisteraand by die Barberton DBV gesteel. Marlies Liebenberg sê die heining is geknip en die slot na die hok moontlik met ‘n loper oopgemaak. Die hond het dieselfde dag van die straat af by die kennels aangekom. Liebenberg sê pitbulls is baie gesog,…
Luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela het vandag as die nuwe polisiekommissaris vir Mpumalanga in haar pos begin. Sy het meer as 26 jaar se ervaring in die polisiediens in Gauteng en Mpumalanga en is besig met haar meestersgraad in openbare administrasie. Luitenant-generaal Thembisile Patekile se aanstelling as polisiekommissaris in die Wes-Kaap…
Witrivier-inwoners is moeg vir die swak dienslewering wat hulle by die lisensiekantore ontvang. Die "Power of 8000" se Pierre du Preez sê hulle het 'n magdom klagtes oor die verkeersafdeling van die publiek versamel en 'n brief geskryf aan die provinsiale bestuur om daarop aan te dring dat stappe geneem…
Byeboere vra die regering om wetgewing te wysig sodat dié insekte tot lewende hawe verklaar word. Inge Lotter, voorsitter van die Laeveldse byeboervereniging, verduidelik dat die diefstal en plundering van byekorwe dan as veediefstal beskou sal word met veel ernstiger gevolge vir misdadigers. Sy sê die land se voedselsekerheid hang…
Petru Pretorius van Abeega Roadhouse in Mbombela sê dat, buiten hul wegneemetes was ontbyt hul gewildste ete. Sy voeg by dat sy verstaan dat ander restaurante ook moet oorleef, en daarom ook die “roadhouse”-ding beproef, maar sê dit raak hul onderneming.
Belinda McLintock, eienaar van Lyttle Irving Gastehuis, ‘n selfsorg-gastehuis in Witrivier, sê dit is frustrerend dat die regering nie hierdie ronde kan of wil help om werknemers te betaal nie - want hoewel hulle mág werk, verwag hulle om moontlik te min sake te doen om ‘n genoegsame inkomste te…
Johan Breytenbach van Rooikat Liquors voel dat, uit ‘n simpatieke oogpunt vir slagoffers van die virus, dit die regte besluit is om na vlak vier van inperking terug te keer - hoewel dit báie sleg vir die drankbedryf is. Hulle kyk moontlik nou, vir die eerste keer sedert inperking in…
Willem Fick, die eienaar van Numbi Hotel in Hazyview, sê dit is jammer dat ‘n hele bedryf oornag toegemaak kan word, sonder enige konsultasie of finansiële hulp. Hy wys daarop dat mense selde gaan uiteet en met vakansie gaan wanneer hulle siek is.
Ike Phaahla, woordvoerder van die Nasionale Krugerwiltuin, sê hulle verwag dat vlak vier in die toekoms hul besprekings erg sal raak – en dit na SANParke verlede jaar ‘n groot verlies gelei het weens die sluiting en afwesigheid van internasionale toeriste.
Sanparke het bevestig dat hulle ingevolge die aangepaste vlak vier-inperking nou weer nuwe besprekings vir verblyf in hul reservate aanvaar tussen nou en 11 Julie. Dít na hulle dit Maandag gesluit het. Woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, verduidelik 100 persent kapasiteit word wel in verblyf toegelaat en mense van…
Sewe vermeende dwelmhandelaars het gister in die Bethal-landdroshof verskyn op klagte van die handel en besit van dwelms. Volgens Valke woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, spruit die arrestasies uit ‘n ondersoek wat ‘n jaar gelede begin is om die dwelmprobleem rondom Secunda en Bethal aan te spreek. Kontant en dwelms is…
Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Pepuda) loop deur onder fel kritiek. Linda Grimbeek, bedryfshoof van die KLCBT, sê mense hoef voortaan nie meer met opset teen ander te diskrimineer om skuldig daaraan te wees nie. Sy is ook…
Drie mense het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering sowat 2-miljoen-Rand van Crown National gesteel het. Roland Smit en sy vrou Alice Smit is dieselfde dag saam met Michael Harris deur die Valke aangekeer vir korrupsie, bedrog en diefstal. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het Roland Smit en…
Die New Nation Pumas is vol selfvertroue na hulle verlede week die Leeus laat les opsê het in hul eerste Curriebeker-kragmeting van die jaar. Die Laevelders was boonop die wenners van hul laaste kragmeting met die Vodacom Bulls in Januarie. Die Bulls soek egter hul eerste wen van die toernooi,…
Die vierde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige gehoor sal môre deur pianis Charl du Plessis vermaak word. Hy is veral bekend as die man wat al 21 jaar vir Nataniël begelei. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio…
Monique O’Reilly (35) van Komatipoort herstel tans nog van Covid-19 nadat sy verlede week positief daarvoor getoets het. Sy sê sy en haar 17-jarige sussie was baie sieker weens die siekte as haar man en skoonpa, wat nie net ouer as hulle is nie, maar ook onderliggende siektes het.
Die oud-Laevelder Frieda Visagie het vroeër die jaar haar suster weens Covid-19 verloor. Sy was self baie siek verlede jaar en het haarself mettertyd uit die hospitaal ontslaan. Sy vertel dit was ‘n vreesaanjaende ervaring.
Réhann Coetzee (51) is behoorlik platgetrek deur hierdie virus. Hy sê mense moet dit ernstig opneem en hy sal die inenting teen dit ontvang sodra hy kan, want Covid-19 wil hy nooit weer hê nie.
Positiewe gevalle van Covid-19 neem al hoe vinniger toe in Mpumalanga. Die meeste gevalle in die provinsie is tot dusver in Mbombela aangeteken met meer as 18 000. Willa de Jager (56) van Mbombela vertel hoe verras sy was met die goeie sorg wat sy by Rob Ferreira-hospitaal ontvang het.
Suid-Afrika het Woensdag ‘n allemintige 17 493 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken, waarvan 62% in Gauteng is. In Mpumalanga is 826 nuwe gevalle die afgelope 24 uur bevestig. Chris Botha (56) van Witrivier vertel hoe siek hy en sy vrou onlangs was met die siekte.
24 Jun 2021 8AM
5 min
1420 – 1440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.