SANParke heropen weer besprekings vir verblyf voor 11 Julie

Loading player...
Sanparke het bevestig dat hulle ingevolge die aangepaste vlak vier-inperking nou weer nuwe besprekings vir verblyf in hul reservate aanvaar tussen nou en 11 Julie.
Dít na hulle dit Maandag gesluit het. Woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, verduidelik 100 persent kapasiteit word wel in verblyf toegelaat en mense van oral buiten Gauteng is welkom.
Inwoners van Gauteng wat ten tyde van die aankondiging Sondagaand in Sanparke-akkommodasie was, mag aanbly.
Phaahla sê hul besprekings staan op sowat 96 persent.
30 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min