Man doodgeskiet tydens gewapende roof by Rocky Drift

‘n Man is dood nadat hy gisteraand tydens ‘n gewapende roof by sy huis in Rocky Drift geskiet is.
John Meintjies van ACS Sekuriteit sê vyf mans, waarvan ten minste een gewapen was, het by verskillende huise probeer inbreek.
By dié betrokke huis het die inwoner hom verset en hy is in die buik gewond.
Hy het later in Kiaat-hospitaal beswyk.
Volgens Meintjies is dit onbekend of enigiets gesteel is. Die mans het te voet bevlug.