Verdagte vasgetrek na transitoroof

Loading player...
Een van die verdagtes wat na bewering op 6 Mei ‘n transito-roof probeer uitvoer het, is aangekeer.
Die R40 tussen Nelspruit en Barberton was vir ure gesluit na ‘n groep gewapende mans die geldwa van die pad probeer druk het.
Sizwe Mduduzi Mahlalela is Donderdag deur die Valke aangekeer. Hy het Vrydag in die Barberton-landdroshof verskyn.
Hy bly in aanhouding tot hy op 28 Junie weer verskyn.
Kaptein Dineo Sekgotodi sê hy was uit op parool vir moord en huisroof.
21 Jun 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min