Namibië is onder 16 lande wie se MIV- en Vigs-programme sal baat vind by befondsing van die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming. Dit is aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig deur Penda Ithindi, die uitvoerende direkteur by die ministerie van gesondheid. Suid-Afrikaanse amptenare het ook bevestig dat die land 2…
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het aangekondig dat die pryse van oorplaatjies styg. Boere word in kennis gestel van die prysverandering vanaf 1 November. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff gepraat wat die redes vir die verhoging gee.
Die VN-Veiligheidsraadresolusie 1325 vier sy 25ste jaar. Die resolusie, wat in Oktober 2000 onder Namibië se presidentskap van die VN-Veiligheidsraad aangeneem is, was die eerste resolusie wat die onontbeerlike rol wat vroue speel in konflikvoorkoming, vredesbou en heropbou na konflik erken het. Rosalia Uushona die hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge van…
President Cyril Ramaphosa het die inspekteur-generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel, met onmiddellike ingang geskors, hangende ʼn ondersoek na Fazel se gedrag deur die parlementêre gesamentlike komitee oor Intelligensie. Ramaphosa het hom in 2022 aangestel ná sy benoeming deur die Nasionale Vergadering. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa se skorsing…
Die lugvaartsektor het in Julie vanjaar 'n skerp herstel beleef, met algehele passasiersbeweging wat met 15,4 persent gestyg het, vergeleke met 'n afname van 5,7 persent in Junie. Meer as 103 070 passasiers het in Julie by die land se lughawens aangekom en vertrek, teenoor 89 292 in Junie. Dit…
Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê dis 'n uitdaging om 'n opvolger te vind vir Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, wat ná volgende jaar se Wêreldbekertoernooi gaan uittree. Jordaan het gepraat na Bafana se oorwinning van 3-0 oor Rwanda waarmee hy vir die toernooi gekwalifiseer het…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen 'n beroep op die wêreld om voedselstelsels te skep wat mense voed en die planeet beskerm. Vandag is Wêreldvoedseldag onder die tema Hand aan hand vir Beter Kos en 'n Beter Toekoms - 'n oproep tot solidariteit oor grense, sektore en…
Die Vereniging van Uitsaaiveterane is besig om leerlinge by skole die tegniese vaardighede van die omroepwese te leer. Die groep het al suksesvol by Windhoek Gimnasium opleiding gedoen en 'n skool-radiostasie is gestig. Windhoek Afrikaans Privaatskool kan ook nou spog met hul eie vaardighede en radiostasie. Mareth Van Schalkwyk, 'n…
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, vra vrede deur mag om die konflik in Oekraïne te beëindig, en dat Rusland sy onnodige bloedvergieting staak. Navo se ministers van Verdediging wat reeds meer hommeltuie aan Oekraïne beloof het, het gister in Brussel vergader. Hegseth sê as daar op die kort…
Die jaar wat was word al onder die loep geneem. Volgens 'n Cirrus ontleding was 2025 a chaotiese jaar met oorlog aan die voorgrond. Ten spyte daarvan is daar 'n paar hoogtepunte oor die jaar. As Trump se Gaza-vredesplan slaag sal oliepryse na verwagting verder daal, maar goud ook. Kosmos…
Die voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, Eugene de Kock, sal nie in die geregtelike ondersoek na die dood van die Cradock Vier getuig nie weens swak gesondheid. Die Hooggeregshof in Gqeberha het sy verhoor hervat na die moord op die anti-apartheidsaktiviste Matthew Goniwe, Fort Calata, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkhonto in…
Die Keniaanse president, William Ruto, het Kabinetsekretaris, Musalia Mudavadi, na Indië gestuur om toesig te hou oor die repatriasie van voormalige eerste minister Raila Odinga se liggaam, ná sy dood Woensdag in Kochi. Ruto sê Indië sal op Kenia se versoek met die proses help. Die afvaardiging sluit verskeie kabinetsekretarisse…
Die Porridge Storage Centre in die Havana informele nedersetting in Windhoek het voedselskenkings nodig om aan toenemende behoeftes van die gemeenskap te voorsien. Die sentrum verskaf elke Saterdag kos aan meer as 500 behoeftiges tussen die ouderdom van een en 86 jaar. Die sentrum beplan ook 'n Kersfees-uitreiking op 6…
Reaksie word steeds ontvang op die regering se stadige implementering van die ontwikkelingsbegroting. Volgens finansminister Ericah Shafudah is minder as 30 persent van die 9,6 miljard Namibiese dollar wat vir projekte begroot is, teen einde September bestee. Die ekonoom Gabriel Erastus sê dit het 'n impak op die uitvoering van…
Nampol het 'n ernstige waarskuwing aan drankwinkeleienaars gerig voor die aanvang van die eksamenseisoen. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Nampol se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, kroeg- en shebeen-operateurs versoek om die wet na te kom en geraas te verminder. Sy sê die ontwrigting van harde musiek en…
Eerste minister Elijah Ngurare het die Nasionale Vergadering verseker dat die regering dringend stappe doen om voortgesette wateruitdagings in dele van die Oshikoto-streek aan te spreek. Hy het in antwoord op 'n vraag van die IPC se Imms Nashinge, die leier van die opposisie in die parlement, gesê dat sy…
Cosatu sê die MIV-voorkomingsmiddel, lenacapavir, sal 'n deurbraak vir Suid-Afrika wees. Dit is 'n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee jaarlikse dosisse. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het onthul dat hulle van voorneme is om die middel reeds in Maart volgende jaar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.