Oorbevolkte polisieselle skep grondwetlike kommer: IPC

Loading player...
Oorbevolking in polisie-aanhoudingselle is in die Nasionale Vergadering onder die loep geneem nadat NamPol onthul het dat verskeie fasiliteite ver bo hul beoogde kapasiteit bedryf word. By die Gobabis-polisiestasie word 233 verhoorafwagtende gevangenes aangehou in 'n fasiliteit wat gebou is om slegs 60 mense te akkommodeer. Die IPC-parlementslid Vilho Ihemba het die lynministerie versoek om dringende regstellende maatreëls te tref.
18 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jongste navorsing werp nuwe lig op Alzheimer

Daar word geglo dat Alzheimer se siekte veroorsaak word deur die opbou van amiloïedplaak in die brein, maar pogings dit te verminder, keer nie kognitiewe agteruitgang om nie, wat sommige laat wonder of iets anders aan die gang is. Die jongste navorsing fokus op die mutasie van 'n geen wat…
10 May 5AM 1 min

Greenback steeds veilige hawe in geldmark

Geopolitiese spanning en Amerikaanse sanksies het Rusland en China gedryf om meesal Chinese yuan en Russiese roebels in hulle bilaterale handel te gebruik, in plaas van die Amerikaanse dollar en die euro. Die dollar behou egter sy posisie as die primêre internasionale veilige hawe-geldeenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid…
10 May 3AM 1 min

Dis jagtyd! Seisoen amptelik oop

Die 2026-jagseisoen is amptelik oop, met boere, bewaringsgebiede en jagters wat nou voorberei vir die Mei-tot-Augustus-periode onder streng wildkwotas en permitreëls. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gesels vir meer.
10 May 2AM 1 min

Sam !Khubis inspirasie vir almal, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiërs moet inspirasie te put uit die veerkragtigheid van die Basters tydens die Slag van Sam !Khubis naby Rehoboth. In ‘n toespraak wat namens haar deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 111de herdenking van dié slag gelewer is, het Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat die moed wat by…
10 May 1AM 1 min

Brrr, die koue is hier!

Snerpende koue word vanaf vandag verwag, met ryp wat môre in dele van //Kharas, Hardap, Khomas, Omaheke, Otjozondjupa, noordoostelike Erongo, suidoostelike Kunene and suidwestelike Omusati moontlik is. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson gepraat:
10 May 12AM 1 min