Sportwêreld geruk deur dood van Jayden Adams, Luqobo Makwedini

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die dood van Bafana Bafana en Mamelodi Sundowns se middelveldspeler Jayden Adams en die voormalige Suid-Afrikaanse o.18-rugbyspeler Luqobo Makwedini as 'n tragedie vir die nasie beskryf. Adams is Saterdagoggend dood gevind by 'n eiendom in Schotschekloof, Kaapstad, en Makwedini het tydens 'n kluboefensessie in Frankryk ineengestort. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die twee het Suid-Afrika met trots verteenwoordig en die land bly dankbaar vir hul prestasies en die inspirasie wat hulle vir Suid-Afrikaanse sport gebring het:
12 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beeskloutjies toenemend gestroop

Die onwettige oes van Namibië se bedreigde lithops, of beeskloutjies, en ander beskermde plante het in die parlement ter sprake gekom, met omgewingminister Indileni Daniel wat onthul het dat 40 gevalle van plantstropery oor die afgelope vyf jaar aangeteken is. Daniel sê die Intelligensie-ondersoekeenheid van die Direktoraat van Natuurlewe en…
12 Jul 5AM 1 min

Tennis: Nosková wen Wimbledon-vrouetitel

Linda Nosková het Saterdag haar eerste Grand Slam-titel verower met 'n oorwinning oor haar landgenoot Karolína Muchová in die 2026 Wimbledon-eindstryd. Die 21-jarige negende gekeurde het vroeg oorheers, maar het verkrummel toe sy met 5-2 in die tweede stel agter was en vyf kampioenskapspunte vermors het. Muchová het dapper teruggeveg…
12 Jul 4AM 1 min

Rehoboth kook oor water uit Oanob

Inwoners van Rehoboth eis vergoeding nadat verkleurde kraanwater, gekoppel aan verhoogde mangaanvlakke in die Oanobdam, vir twee dae aan die dorp voorsien is. 'n Petisie eis dat die Rehoboth-dorpsraad inwoners krediteer vir water wat as ongeskik vir menslike gebruik beskou word. Hulle voer aan dat die reaksie van beide die…
12 Jul 4AM 1 min

Bring BTW op suiker terug, smeek alliansie

Amper 16 jaar sedert wit- en bruinsuiker van BTW vrygestel is, met die verstandhouding dat dit die armes en gemarginaliseerdes sal bevoordeel, bring die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië die kwessie weer na vore. Die alliansie het met die finansministerie ontmoet om te pleit vir die herinstelling van die BTW-heffing…
12 Jul 3AM 1 min

Vlugbal: Rössing kraai koning op Swakop

Rössing Uranium het Corporate Volleyball Swakopmund se jaarlikse toernooi Saterdag gewen deur die span van Navachab met 24-21 in die eindstryd te verslaan en sodoende met die prysgeld van 8 000 Namibiese dollar weg te stap. Kosmos 94.1 het die aksiebelaaide dag bygewoon en Jean-Louis Knouwds het met Rössing se…
12 Jul 2AM 1 min