Julius looi Cyril oor sy leierskap

Loading player...
Die leier van die EEF, Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se leierskap gekritiseer en die ANC blameer vir korrupsie en infiltrasie deur sindikate. Malema het tydens die debat oor die staatsrede gesê misdaad bly 'n nasionale krisis en waarsku dat elektrisiteits- en wateruitdagings, veral in armer gemeenskappe, nog lank nie opgelos is nie. Hy het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy die land se hulpbronne aan die privaat sektor verkoop en versuim om beloftes oor sneltreine en slimstede na te kom:
18 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofsaak-vertragings is vergryping van regte

Reaksie word ontvang oor die elle-lange vertragings by landdroshowe in die land. Sedert Maart regoor die land was 11 892 sake uitgestel met 3 490 wat veroorsaak was deur vertragings in polisieondersoeke. Daar word berig dat polisieondersoeke veral ‘n uitdaging is en dat NamPol eers verdagtes arresteer en dan die…
29 Apr 5AM 1 min

Repokoers bly op 6,5%, redes en reaksie

Indien jy dit misgeloop het, die Bank van Namibië het die repokoers vanoggend onveranderd gelaat op 6,5 persent. Die goewerneur Ebson Uanguta het die redes daarvoor so aangevoer.
29 Apr 5AM 1 min

Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers, soos deur ekonome voorspel, onveranderd op 6,5 persent gelaat het. Ekonoom Kara van den Heever van Momentum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Apr 5AM 1 min