Khomas 2023-sensus streekprofiel aan streekraad oorhandig

Loading player...
Die Namibië Statistieke-agentskap het die Khomas 2023-sensus streekprofiel aan die Khomas-streeksraad voorgelê. Die sessie het die nuutste demografiese en sosio-ekonomiese bevindinge van die 2023-sensus beklemtoon, wat kritieke insigte bied om bewysgebaseerde beplanning en ontwikkeling in die streek te ondersteun. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder.
18 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ReconAfrica begin produksietoetse by Kavango Wes-1X put

Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data…
26 Mar 11AM 1 min

SA Reserwebank hou rentekoers onveranderd op 6,75%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel…
26 Mar 11AM 1 min

Oorstromings by Chobe-rivier veroorsaak chaos

Oorstromings in die noordoostelike dele van die land duur voort en die situasie is benard. Jofie Lamprecht is by die Chobe-rivier en het foto's aangestuur wat op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gesien kan word. Die Ngoma-brug het 2 meter oor voordat hy oorstroom en sommige lodges het reeds gesluit. Wilde…
26 Mar 10AM 1 min

Lewende beesuitvoere teenproduktief, sê Schlettwein

Terwyl die regering die onlangse uitvoer van 3 000 lewende bees na Mauritius vier, het voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, die stap as teenproduktief gekritiseer. Hy voer aan dat dit plaaslike beesboere ondermyn, wat meer baat vind by die slag en verwerking van die diere binne Namibië, voor uitvoer. Schlettwein beskryf…
26 Mar 10AM 1 min