Die Namibiese regering vestig sy hoop op ekonomiese herlewing op landbou en vertrou op jongmense om die verskuiwing te dryf. Maar met baie jongmense wat huiwerig is om op plase te werk, waarsku kenners dat die plan onrealisties mag wees. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
Die amptelike opposisie, die IPC, se ondersteuning het skerp gedaal. Die party het in 2020 vir die plaaslike owerheid 21 persent van die ondersteuning verower teenoor 15 persent vanjaar. Die streeksraad ondersteuning het van 17 persent tot 12 persent gedaal. Die party se parlementêre leier, Imms Nashinge het aan Kosmos…
Namibië het weer pak gekry by COP20 en is toestemming geweier om in renosterhoring te handel, sowel as om sy ivoor voorraad te verkoop. HORN Namibia is by Cites se wat tot 5 Desember in Oezbekistan plaasvind en Jaco Muller van Rhino Momma is ook daar namens HORN. Hy het…
Die Springbok-sewespan het vyfde gekom by die Dubai-sewes. Suid-Afrika het Groot-Brittanje met 34-0 afgeransel en Spanje met 21-12. Intussen het Nieu-Seeland Australië met 26-22 geklop om die toernooi te wen terwyl Fidji derde is nadat hy Frankryk met 24-7 verslaan het. Die Blitsbokke se afrigter, Philip Snyman, sê hulle het…
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dring aan op onmiddellike stappe om die skuldigbevindingsyfers vir bende-, vuurwapen- en dwelmmisdade te verbeter nadat die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke hoë geweldmisdaad toon. Die Burgemeesterskomiteelid, Lyndon Khan sê die stad bied hulpbronne aan, insluitend dossiere wat gereed is vir vervolging, beamptes van die Wetstoepassing…
Bank Windhoek verskerp die stryd teen digitale bedrog deur gevorderde biometriese verifikasie op sy mobiele toepassing in te faseer. Namate kubermisdaad wêreldwyd en tuis toeneem, sê die bank dat die nuwe tegnologie, wat vingerafdrukke en gesigsherkenning gebruik, 'n feitlik ondeurdringbare laag van beskerming byvoeg. Uitvoerende beampte Ryan Geyser sê die…
Oekraïne se nasionale veiligheidsraadsekretaris, Rustem Umerov, sê die jongste vredesgesprekke met die VSA was produktief en suksesvol. Umerov, wat Kiëf se nuwe hoofonderhandelaar is, het Sondag met Amerikaanse amptenare onder leiding van die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in Florida vergader vir verdere gesprekke. Amptenare het gefokus op die…
President Cyril Ramaphosa sê ten spyte van die uitdagings en misverstande wat ontstaan het, bly Suid-Afrika ʼn goeie vriend van die Amerikaanse mense. Hy sê dis jammer Amerika het nie aan die G20-leiersberaad deelgeneem nie. Ramaphosa sê die redes wat Amerika aangevoer het, is gebaseer op vals bewerings dat Suid-Afrika…
President Donald Trump sê sy waarskuwing oor die Venezolaanse lugruim was nie 'n teken dat 'n lugaanval op hande is nie. Hy het onlangs gewaarsku dat land-aanvalle teen dwelmsmokkelnetwerke binnekort kan plaasvind, en dat die lugruim bo Venezuela in sy geheel gesluit sal word. Trump sê hy het die lugruimwaarskuwing…
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Sondag gesê hy verwag dat gesprekke met Oekraïnse amptenare "meer vordering" sal lewer oor 'n ooreenkoms om die oorlog tussen Oekraïne en Rusland te beëindig. Oekraïne se afvaardiging is gelei deur 'n nuwe hoofonderhandelaar, die sekretaris van die nasionale veiligheidsraad, Rustem…
Die langbaanrenne op Tony Rust die naweek, die laaste been van die 2025 Nasionale Baanrenkampioenskappe, het nie teleurgestel nie. Oudergewoonte van Francois Lottering van Motor Media Namibia daar.
Namibië se Junior Mans het 'n kragtige vertoning gelewer om Egipte met 4-2 te verslaan by die FIH Hokkie Junior Wêreldbeker in Indië. Deur twee doele in elke helfte aan te teken, het die span hul eerste oorwinning ooit by die toernooi gevier, 'n mylpaal-oomblik vir Namibiese hokkie. Josh van…
Die regering het ongeveer 4 miljoen Namibiese dollar bestee om parlementslede van luukse iPhones en Samsung-fone te voorsien, volgens die Namibia Business Review. Daar is altesaam 142 parlementslede, 104 in die Nasionale Vergadering en 42 in die Nasionale Raad. Kabinetsministers word egter uitgesluit van die ontvangs van hierdie toestelle. Die…
Namibië se monetêre beleidskomitee vergader vandeesweek en die meeste ekonomiese aanwysers is ten gunste van die verlaging van die sentrale bank se repokoers. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ontleder Almandro Jansen gepraat. Hy verduidelik hoekom hy goeie rentekoersnuus Woensdag verwag:
Die uiters lae stempersentasie in verlede week se streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings het dalk ‘n rol gespeel het in Swapo se goeie vertoning by die stembus. Die stempersentasie in die streeksraadverkiesing was 40,6 persent en 36,3 persent in die plaaslike owerheidsverkiesing. Swapo het 63,35 persent van die stemme in die…
Akkerbouvooruitsigte vir volgende jaar lyk baie belowend en dié subsektor se waardetoevoeging tot die Namibiese ekonomie sal na verwagting meer as drie miljard Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Emilie Abraham van die Akkerbouraad van Namibië oor die algehele oesvooruitsigte vir 2026 gepraat:
30 Nov 2025 10PM
1 min
912 – 932
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.