
LIV Gholf beslis in 2027 weer in SA, sê hoof
Loading player...
Gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê die sukses van die naweek se eerste LIV-toernooi in Afrika het bevestig Suid-Afrika is die tuiste van ʼn lewendige gholf-kultuur, talent van wêreldgehalte, en ondersteuners wie se passie die spel ophef. Die Amerikaner Bryson DeChambeau het Jon Rahm van Spanje gister in uitspeelronde verslaan en voor ʼn rekord-skare by Steyn City in Midrand met die louere weggestap. O’Neil sê die besluit om LIV Gholf in 2027 na Suid-Afrika terug te bring, was vanselfsprekend:

