
Nkosi getuig oor bande tussen 'Cat' Matlala, senior polisielede
Loading player...
'n Beampte van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid, Fannie Nkosi, het beweerde bande tussen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en senior polisielede by die Madlanga-kommissie uiteengesit. Nkosi beweer in 'n verklaring Matlala het loopbaanbevordering beloof, met verwysing na verbintenisse met die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola. Nkosi beweer ook Sibiya het hom gevra om 'n vergadering met die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te reël te midde van spanning in polisieleierskapstrukture:

