Francois van der Merwe, die afrigter van die Capricorn Eagles, sê sy span is gereed vir die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder vir vroue. Die kwalifiseringswedstryde is geskeduleer vir 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal. Van der Merwe het vanoggend met die media gepraat voor die span se vertrek…
Ten spyte van mediaberigte wat anders beweer, het die gewilde Amerikaanse internetpersoonlikheid Darren Watkins Jr., algemeen bekend as iShowSpeed, bevestig dat hy soos beplan na Namibië sal kom. iShowSpeed, wat spog met meer as 47 miljoen intekenare, besoek tans 20 Afrikalande as deel van sy Africa Stream-toer. Verwarring oor sy…
In terme van Namibië se olie toekoms het die land alles wat die geologie betref om dit suksesvol te maak. Die aflandige Venus-olieveld is een van die mees belowende onlangse ontdekkings ter wêreld. Maar volgens berigte hou die wetlike en grondwetlike raamwerk nie tred met politieke ambisies nie. Totdat die…
Sokker: Azapo vra die wêreldbeheerliggaam, FIFA, om Amerika te skors van alle bedrywighede, insluitend die aanbieding van vanjaar se Wêreldbekertoernooi, weens wat hy beskryf as Saterdag se onwettige, imperialistiese militêre aanvalle teen Venezuela. Azapo se voorsitter, Amukelani Ngobeni, sê Amerika moet uitgesluit word van alle FIFA-goedgekeurde geleenthede totdat sy militêre…
Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 241 mense in hegtenis geneem en 62 929 boetes uitgereik. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het in 1 322 voorvalle hulp verleen, wat 28,5-persent minder is as die vorige naweek. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê data toon ook ʼn aansienlike afname…
Die Amerikaanse minderheidsleier in die Huis van Verteenwoordigers, Demokraat Hakeem Jeffries sê terwyl almal bewus is van die tekortkominge van die Maduro-regime in Venezuela, moet die VSA daar uitbly. Dit kom na president Donald Trump gesê het dat ‘n tweede inval in die land moontlik is. Jeffries sê Amerikaners stel…
Die dodetal in die somer-inisiasieseisoen in die Oos-Kaap het tot 23 gestyg terwyl sewe tradisionele verpleegkundiges in afsonderlike voorvalle dood is. Die meeste sterftes word toegeskryf aan ontwatering, bloedvergiftiging, selfdood, verdrinking en beserings as gevolg van aanranding. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zolile Williams, sê die regering…
President Nicolas Maduro se voormalige stafhoof, Temir Porras Ponceleon, sê dat Venezuela se nuwe president Delcy Rodriguez ten volle in beheer is van die Venezolaanse kabinet. Hy het aan Sky News verduidelik waarom opposisieleier Maria Machado deur die Trump-administrasie op die kantlyn geskuif is. Dit handel alles oor invloed oor…
Die Padvragvereniging is bemoedig deur die onlangse aankondiging dat basiese brandstofpryse daal en sê hy is optimisties dat hierdie neiging deur die jaar sal voortduur. Van môre af kos petrol tussen 62- en 66-sent per liter minder terwyl die dieselprys met tussen 137- en 150-sent per liter daal. Die vereniging…
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens spoor die publiek aan om bloed te skenk nadat reserwes tot 'n kritiek-lae vyf-dae-voorraad gedaal het, wat kommer oor pasiëntveiligheid laat ontstaan. Woordvoerder Frieda Vatileni-Asino sê eerstekeer-skenkers moet tussen 16 en 70 jaar oud wees, meer as 50kg weeg, 'n seksueel veilige leefstyl beoefen, en ten minste…
NamPost het vandag amptelik die Januarie 2026 maatskaplike toelaagbetalingsiklus begin. Betalings het begin met mobiele uitbetalings, terwyl betalings in takke en by poskantore volgens die geskeduleerde datums uitgerol sal word. NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus het begunstigdes aangespoor om streng by die toegekende betaaldatums en aangewese betaalpunte te hou. Hy het met…
Verskeie vrywilligers het saam met N/a’an ku sê Foundation’s Coastal Conservation Project meer as 2,1 ton rommel by Langstrand opgetel na vakansiegangers die gebied verlaat het na Nuwe Jaar. Jaar op jaar raak die uitdaging erger en Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat wat 'n…
Die Wes-Kaapse Departement vir Mobiliteit sê 25 padsterftes is tussen 29 Desember 2025 en 4 Januarie vanjaar op die provinsie se paaie aangemeld. In dieselfde tydperk is 88 mense gearresteer waarvan 65 vir dronkbestuur was. Verkeersvolumes bly hoog terwyl inwoners en besoekers binne en buite die provinsie ná die vakansie…
Met gebeure in Venezuela en die leier van die amptelike opposisie in die land, Maria Machado wat steeds wegkruip, is dinge onseker oor die toekoms. Machado, wat die Nobelprys vir Vrede gewen het, die toekenning wat president Donald Trump gesoek het, het in ‘n onderhoud met Fox News nie net…
Intercontinental Youth Connect, 'n jeuggeleide organisasie met sy hoofkwartier in Zimbabwe wat toegewy is aan leierskap, diplomasie en Pan-Afrikaanse samewerking, het sy formele teenwoordigheid in Namibië aangekondig. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die organisasie se ambassadeur in Namibië, Tjipura Tjipura, gesê die stap dui op 'n sterk…
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, word gekritiseer ná sy opmerking dat Suid-Afrikaners te afhanklik van die staat geword het. Mantashe het in ʼn onderhoud met die SABC gesê die ANC-regering se beleid het traagheid bevorder waar landsburgers verwag die regering moet hul probleme oplos. Hy sê…
Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in die laaste week van die feestyd tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Arrestasies sluit verdagtes in wat met moord, verkragting, dwelmhandel, onwettige immigrasie en ernstige roof verbind word. Verskeie deurbrake is in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en ander provinsies aangemeld…
Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, sê sy land sal nie huiwer om burgers teen narko-terrorisme te beskerm nie en soek vrede, vryheid en geregtigheid vir die mense van Venezuela. Die ontsetelde Venezolaanse president Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is Saterdag tydens ʼn Amerikaanse militêre…
Die Grensbestuursowerheid het grensbeheer by die Beitbrug-grenspos in Limpopo verskerp deur hommeltuie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in te span. Dit het gelei tot die onderskepping van meer as 100 ongedokumenteerde migrante oor die afgelope week uit Zimbabwe. Kommissaris Michael Masiapato sê twee vermeende smokkelaars is in hegtenis…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê hy is erg bekommerd dat internasionale regsreëls nie gehandhaaf is tydens die Amerikaanse militêre optrede in Venezuela nie. Die afgesette Venezolaanse leier Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores is Saterdag tydens 'n militêre operasie gevange geneem. Tydens 'n noodsitting van…
6 Jan 1AM
1 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.