SAPD sê koerantberig stel informante in gevaar

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kritiseer die Sunday Times wat uitgelekte beëdigde verklarings gepubliseer het wat verband hou met ondersoeke na dwelm-verwante misdaadnetwerke in die land. Die koerant het ʼn beëdigde verklaring van ʼn gewilde platejoggie gepubliseer wat ʼn sluipmoordpoging oorleef het en wat verband hou met dwelmhandel in die nagklub-bedryf. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die publikasie van uitgelekte verklarings, veral dié wat besonderhede bevat van getuies, informante en bewyse, stel die veiligheid en lewens van mense wat na vore gekom het, in groot gevaar:
20 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB Namibia kry beste SME-bank in Namibië-toekenning

FNB Namibia is aangewys as die beste SME-bank in Namibië by die gesogte Global Banking & Finance Awards. Die bank bedien tans SME's in al 14 streke en handhaaf 'n geraamde aandeel van 35 tot 40 persent van Namibië se SME-bankmark. Nesdha de Jongh, hoof van SME-bankdienste by FNB Namibia,…
8 Jul 9AM 1 min

SA munisipaliteite moet skuldplanne maak: Tesourie

Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite moet eers ooreenkomste oor volhoubare betalingsplanne met hul skuldeisers bereik voordat teruggehoue fondse vrygestel word. Gister is aangekondig befondsing aan 69 munisipaliteite sal tydelik teruggehou word weens oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Ogalaletseng Gaarekwe van die Tesourie het vanoggend op 'n nuuskonferensie…
8 Jul 9AM 1 min

NV nogmaals ontwrig deur uitstappe

Die parlement is weereens in prosedurele onrus gedompel nadat opposisielede uit die Nasionale Vergadering gestap het, wat die Huis sonder 'n kworum gelaat het. Die jongste dooiepunt kom net dae na 'n soortgelyke dispuut oor die genomineerdes vir die Staatsdienskommissie, voordat Swapo uiteindelik op sy meerderheid staatgemaak het om hul…
8 Jul 8AM 1 min

Baba-Bokke het nog werk voor Wêreldkampioenskap-halfeindronde

Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê daar is steeds ruimte vir verbetering voor hulle Engeland Maandag pak in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Suid-Afrika was 14 punte agter, maar het ingehaal en Wallis uiteindelik 52-33 verslaan na agt drieë teenoor vyf om die voorlaaste…
8 Jul 8AM 1 min