Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hulle staatshulpbronne misbruik om partyveldtogte te voer onder die dekmantel van ekonomiese ontwikkeling in Noordwes. Die party sê die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Bitsa Lenkopane, het 'n amptelike departementele verklaring gebruik om die ANC se vieringe op 8 Januarie te bevorder. Jóhni…
Die voormalige visepresident vir Europa, Afrika en die Midde-Ooste by Twitter, Bruce Daisley, het kommentaar gelewer oor X se ingeboude KI-toep Grok wat gebruik word om vals geseksualiseerde beelde te genereer. Daisley het met Sky News gepraat en sê wette is nie normaalweg iets waaraan Elon Musk homself steur nie.
City Power het ses kontrakteurs in Fordsburg, Johannesburg, betrap toe hulle die ondergrondse elektrisiteitsinfrastruktuur opsetlik beskadig het. Die verdagtes is tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie aangekeer terwyl hulle ondergrondse koperkabels sonder 'n geldige werkopdrag gesny het. Nege kabelgedeeltes van altesaam meer as 24-meter was reeds beskadig. City Power se woordvoerder, Isaac…
Die sekretaris-generaal van Navo Mark Rutte, glo vas dat daar ‘n diplomatieke oplossing vir Groenland is, veral vir meer Amerikaanse troepe in die gebied. Hy het met CNN gepraat.
Die uitvoerende hoof van Telecom Namibia, dr. Stanley Shanapinda, sê miljoene word op die oomblik bestee aan infrasruktuur, ‘n kernfokus vir die maatskappy vanjaar. Shanapinda het met One Africa gepraat.
Suid-Afrika gebruik 'n mengsel van streng nasionale wette en internasionaal erkende raamwerke van die Internasionale Organisasie vir Standardisasie, of ISO, om veiligheid en gehalte in sy rooivleissektor te verseker. Dr. Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie, gesels oor die ISO-9001 akkreditasie wat hulle in 2025 gekry het, asook die organisasie se…
Die minimumloon het reeds op 1 Januarie gestyg. Vir 2026 verdien huishoudelike werkers 15 Namibiese dollar per uur, landbouwerkers 14 dollar per uur en sekuriteitswerkers 16 dollar per uur, wat almal progressief beweeg na die standaard van 18 dollar per uur in 2027. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru,…
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sê slegs 4 858 Graad een- en Graad agt-leerders is steeds ongeplaas vir die 2026-skooljaar. Die meeste is in Ekurhuleni en Johannesburg. Laat aansoeke is nog tot 30 Januarie oop, saam met daaglikse plasings. Ekurhuleni-Noord het die hoogste aantal ongeplaaste leerders met…
President Cyril Ramaphosa sê hy is nie bekommerd oor 'n inval in Suid-Afrika nie. Dit volg op die VSA se militêre operasie in Venezuela, wat gelei het tot die arrestasie van Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores. Die optrede is gekritiseer as 'n ondermyning van 'n fundamentele beginsel van…
Die Verenigde Koninkryk en Frankryk het ʼn gesamentlike verklaring onderteken dat hulle soldate in Oekraïne sal ontplooi indien ʼn vredesooreenkoms met Rusland bereik word. Dit volg na gister se vergadering van die Koalisie van Gewilliges in Parys. Rusland het herhaaldelik gewaarsku hulle beskou enige buitelandse soldate in Oekraïne as wettige…
Die Nasionale Teater van Namibië bied in Februarie weer die Stage Actors Training Lab aan. Die opleidingsprogram, wat elke Saterdag tussen 10-uur en 3-uur by die NTN-repetisielokaal sal plaasvind, is ontwerp om aspirant- en professionele Namibiese akteurs toe te rus met die vaardighede wat nodig is om in die teatersektor…
Reaksie word ontvang op die vierde skommeling van uitvoerende direkteure tussen ministeries sedert Maart 2025. Dit laat kommer ontstaan oor die staatsdiens se effektiwiteit en stabiliteit, en uiteindelik dienslewering. Kosmos 94.1 Nuus het met beleidskenner, Pius Dunaiski gepraat wat sê dit kan 'n kwessie van vertroue wees.
Onderwysminister dr. Sanet Steenkamp het gewaarsku dat geen leerder vir plasing in 'n openbare skool moet betaal nie. Sy het onderwysers en skooladministrateurs gewaarsku dat die aanvaarding van geld, geskenke of gunste vir toelating onwettig is, en het ouers aangespoor om amptelike toelatingsprosedures deur streek- en skooltoelatingskomitees te volg. Sy…
Die Johannesburgse landdroshof het die saak teen Warrick "DJ Warras" Stock se vermeende moordenaar, Victor Majola, tot volgende Dinsdag uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek. Stock is op Versoeningsdag voor die Zambezi-gebou in die stad vermoor. Die 44-jarige Majola staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en sameswering om…
Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag vir die eerste keer in 'n toespraak oor Amerika se operasie in Venezuela gepraat, nadat hy van sy Kersfees-vakansie in Mar-A-Lago, Florida, na Washington teruggekeer het. Hy het by 'n Republikeinse saamtrek gesê dit was iets briljants en dat niemand in die aanval dood…
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, het die Amerikaanse optrede in Venezuela veroordeel en sê dit ondermyn die land se soewereiniteit en die integriteit van sy grondgebied. Ramaphosa het tydens die 31ste jaarlikse herdenking van die vryheidsvegter, Joe Slovo, in Soweto, Johannesburg, gevra vir die onmiddellike vrylating van president Nicolás Maduro en…
Swem: Die gesoute langafstand-swemmer en Guinness-wêreldrekordhouer, Howard Warrington, gaan vandag die 34 kilometer oor Valsbaai swem. Hy wil fondse insamel vir die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging se ambisieuse plan om 10 000 diere te steriliseer. Die DBV-woordvoerder, Belinda Abraham, sê hulle het verlede jaar meer as 23 000 weggooidiere…
Terwyl die afwagting op die 2025-eksamenuitslae se vrystelling op 13 Januarie toeneem, ontvang leerders 'n stortvloed van gelukwensende en bemoedigende boodskappe. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Dorthea Nangolo, opgemerk dat hierdie wagtydperk baie stresvol kan wees. Sy het 'n boodskap…
6 Jan 9AM
1 min
300 – 320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.