Ramaphosa: 'Hervorm IMF, Wêreldbank'

Loading player...
President Cyril Ramaphosa vra vir die hervorming van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank en dat hulle nie net Westerse belange moet verteenwoordig nie. Ramaphosa het die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, ​​Spanje, toegespreek tydens ‘n werksbesoek aan die land. Hy sê die twee instellings moet die skuldlas aanspreek wat baie ontwikkelende ekonomieë terughou, die finansiële argitektuur hervorm en die finansieringsgaping vir ontwikkeling uitwis:
19 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kinders en die internet - almal moet hand bysit

'n Toename in aanlyn-kindermisbruik word wêreldwyd en ook in Namibië aangemeld, in die vorm van aanlyn- en seksuele teistering gemik op minderjariges. Kinderpornografie het ook toegeneem, veral op die donkerweb. Daar is onlangs in Australië 'n internasionale sindikaat ontmasker met 700 beweerde oortreders wat opgespoor is. Kosmos 94.1 Nuus het…
14 May 4AM 1 min

Trump belowe vyfster-verhouding met China

President Xi Jinping sê China en Amerika moet vennote eerder as teenstanders wees. Hy en president Donald Trump het vandag in Beijing bilaterale gesprekke gevoer oor ekonomiese voordele, die handhawing van ʼn brose handelsooreenkoms en om kwessies soos die Iran-oorlog en wapenverkope aan Taiwan te bespreek. Trump het beloof dat…
14 May 4AM 1 min

Wes-Kaapse gemeenskap vra hulp na oorstromings

Die Wes-Kaapse departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die privaat sektor en die algemene publiek wat moontlik kan help, gevra om organisasies sonder winsbejag by te staan waar hulle reageer op weerverwante rampe. Tans het 3 628 mense in die provinsie hul huise verloor en word in gemeenskapsale gehuisves. Die LUR…
14 May 3AM 1 min

'Vordering met vrede'- Vance

Amerika se visepresident JD Vance sê onderhandelaars maak vordering met vredesamesprekings met Iran. Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump Teheran se jongste voorstel om die oorlog te beëindig, verwerp en as onaanvaarbaar beskryf het. Iran en Amerika het hul eerste regstreekse samesprekings in Islamabad, Pakistan, gevoer kort nadat…
14 May 3AM 1 min