Onwettige uitsettings onder loep in Wes-Kaap

Loading player...
Die Wes-Kaapse regering vra belanghebbendes om kommentaar te lewer op die Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en Besetting van Grond. Dit het ten doel om munisipaliteite, staatsinstellings en privaat eienaars te bemagtig om meer beslissend te reageer op onwettige besettings en uitsettings. Die LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê tussen 2019 en 2024 het hulle meer as 'n miljard rand bestee om projekte teen onwettige besetting te beveilig:
19 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kinders en die internet - almal moet hand bysit

'n Toename in aanlyn-kindermisbruik word wêreldwyd en ook in Namibië aangemeld, in die vorm van aanlyn- en seksuele teistering gemik op minderjariges. Kinderpornografie het ook toegeneem, veral op die donkerweb. Daar is onlangs in Australië 'n internasionale sindikaat ontmasker met 700 beweerde oortreders wat opgespoor is. Kosmos 94.1 Nuus het…
14 May 4AM 1 min

Trump belowe vyfster-verhouding met China

President Xi Jinping sê China en Amerika moet vennote eerder as teenstanders wees. Hy en president Donald Trump het vandag in Beijing bilaterale gesprekke gevoer oor ekonomiese voordele, die handhawing van ʼn brose handelsooreenkoms en om kwessies soos die Iran-oorlog en wapenverkope aan Taiwan te bespreek. Trump het beloof dat…
14 May 4AM 1 min

Wes-Kaapse gemeenskap vra hulp na oorstromings

Die Wes-Kaapse departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die privaat sektor en die algemene publiek wat moontlik kan help, gevra om organisasies sonder winsbejag by te staan waar hulle reageer op weerverwante rampe. Tans het 3 628 mense in die provinsie hul huise verloor en word in gemeenskapsale gehuisves. Die LUR…
14 May 3AM 1 min

'Vordering met vrede'- Vance

Amerika se visepresident JD Vance sê onderhandelaars maak vordering met vredesamesprekings met Iran. Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump Teheran se jongste voorstel om die oorlog te beëindig, verwerp en as onaanvaarbaar beskryf het. Iran en Amerika het hul eerste regstreekse samesprekings in Islamabad, Pakistan, gevoer kort nadat…
14 May 3AM 1 min