Werkersdag sal vandag in Rundu in die Kavango-Oos-streek gevier word onder die tema "Namibië-werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en verder". Die dag sal deur president Nangolo Mbumba waargeneem word. Volgens die presidentskandidaat Job Amupanda, in plaas daarvan om op Werkersdag na politici te…
Die DA sê die visum-agterstand by die Departement van Binnelandse Sake het binne ses maande met byna 20 000 gestyg. Die agterstand het gestyg van 74 000 in Augustus verlede jaar tot 92 000 in Februarie vanjaar. Ten spyte van bewerings oor besoekersvisums wat voorkeur ontvang, is die agterstand vir…
Die Universiteit van Namibië se onlangse besluit om politieke aktiwiteite te verbied, word bestempel as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. ’n Interne opdrag van die universiteit se pro-visekanselier vir finansies, administrasie en hulpbronmobilisering, Ellen Namhila, het politieke aktiwiteite op alle kampusse verbied. Die leier van die LPM-jeugkommando,…
Die brandstofpryse gaan weer styg in Mei, op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pendapala Nakathingo, die Bus- en Taxivereniging van Namibië, Nabta, se sekretaris-generaal,…
Sokker: Die halfeindstryde in die Kampioeneliga begin vanaand met Bayern München wat Real Madrid in Duitsland verwelkom. Real is hierdie seisoen onoorwonne in die kompetisie met sewe oorwinnings en drie gelykop. Bayern het die laaste vier gehaal na ‘n doelskopoorwinning teen die verdedigende kampioen. Manchester City. Bestuurder Thomas Tuchel glo…
Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie…
Adjunk-premier John Mutorwa het onlangs die Kavango-Oos-streek besoek te midde van kommer oor die verspreiding van droogtehulpkos. Meer as 44 000 mense in die streek word deur die droogte geraak. Kavango-Oos het in Oktober verlede jaar sy eerste besending droogtehulpkos ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die…
Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie…
Namibië se toerismebedryf staar 'n dringende behoefte in die gesig om nuwe toeristebestemmings te ontwikkel, aangesien bestaande fasiliteite maksimum kapasiteit bereik. Martin Webb-Bowen, voorsitter van die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings, beklemtoon die belangrikheid om alternatiewe opsies te ondersoek, insluitend die ontwikkeling van tans ontoeganklike gebiede binne nasionale parke en onderbenutte…
Die landbou-ministerie se voorlopige oesskattings dui op 'n drastiese vermindering in die voorspelde oes, weens die droogte. Die totale nasionale graanproduksie van mielies, giers, sorghum en koring word op 72 150 metrieke ton geraam. Dit is 53 persent laer as verlede seisoen se oes van 153 012 ton. Slegs die…
Namibië se ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en België se Lignaverda-herbebossing Koöperasie gaan saamwerk om 'n gebied in die Kavango-Wes-streek te rehabiliteer en te her-bos. 'n Memorandum van verstandhouding hieroor is onderteken by Staatshuis deur Theofilus Nghitila, die ministerie se uitvoerende direkteur, en Lignaverda se uitvoerende hoof, Werner Sels…
Rugby: Die terugkeer van die veterane, Dylan Sage en Siviwe Soyiswapi, dra heelwat ervaring by in die Blitsbokke se veldtog by vandeesweek se Singapoer Sewes. Volgens SA Rugby is albei ou kalante met hulle loopbane van bykans ‘n dekade. Albei staatmakers maak hulle eerste verskyning in die 2024-seisoen en Soyiswapi…
Die Nasionale Vergadering is tot 4 Junie op reses. Die laaste sitting het verlede week op 'n humeurige noot geëindig toe die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo gekla het oor sy omstrede private lede-wetsontwerpe wat nog nie onderteken is nie. Die status van die wetsontwerpe sal moontlik in die volgende sessie aangespreek…
Die Democratic Union-party sê die ANC se versoek dat die diplomatieke korps moet help met die party se veldtog in die buiteland, is 'n blatante misbruik van mag. 'n Brief deur die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC is in omloop waarin hy diplomatieke personeel vra om vandag aan…
Die landbou-ministerie en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het die Bernafay hervestiging-plaas geïntegreerde voedselstelsels-projek by Mariental van stapel gestuur. Dit sal na verwagting landbouproduksie verhoog, die plaaslike ekonomie 'n hupstoot gee en 'n langtermyn-pad vir landelike ontwikkeling en selfvoorsiening skep. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes bygewoon, insluitend skenkers en…
Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Namcor ‘n ontginningsooreenkoms met Chevron Namibia Exploration, 'n filiaal van Chevron Global Energy onderteken het. Dit gee Chevron Namibia 'n bedryfsbelang van 80 persent in PEL 82 in die produktiewe Walvis-bekken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, 'n kenner van…
As voorspellings hou hoef jy nie al jou warm komberse uit te pak vir die winter nie. Kenners voorspel 'n warm winter vir 'n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. Namibië sal ook nie erge koue ervaar nie en die weerkenner Johan van den Berg het ook…
Die ANC-regering doen 'n beroep op Israel om die Freedom Flotilla toe te laat om humanitêre hulp aan Gaza te lewer en wys op Israel se verpligtinge as die besettingsmag. Hierdie oproep volg nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om dringende hulpverlening aan Gaza moontlik te maak, in die…
Die Keetmanshoop raadslid vir die landelike kiesafdeling Willem Labuschagne het gereageer op berigte dat Nida se projekte uitmekaar val en vervalle gelaat word. Van die grootste uitdagings is die wanbetaling op water- en kragrekenings. Projekte kom ook nie van die grond af nie. Labuschagne sê op die einde van die…
30 Apr 6AM
1 min
32 – 52
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.