Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
12 – 32

Shark Island: Namport en erfenis...

Die firma Forensis and Forensic Architecture het hul jongste ondersoek na Duitse koloniale volksmoord in vandag se Namibië vrygestel. Die navorsing fokus op die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island by Lüderitz, waar duisende Namas en Ovahereros gesterf het. Dit identifiseer nuwe potensiële massagrafterreine en onthul hoe planne deur die Namibiese…
19 Apr 6AM 1 min

SA verloor R1 triljoen in beleggings

ActionSA sê Suid-Afrika se beleggingsomgewing en sake-ondernemings ly steeds onder die ANC se ekonomiese beleid, korrupsie en growwe regerings-onbevoegdheid. Ou Mutual se voorsitter en gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, sê beleggers het die afgelope paar jaar meer as 'n duisend-miljard-rand uit Suid-Afrika geneem. Pieter Scribante van ActionSA sê dit…
19 Apr 5AM 1 min

So lyk NIP se motors van N$11m

Die Namibië Instituut vir Patologie het 18 nuwe voertuie teen 'n koste van net meer as 11 miljoen Namibiese dollar aangeskaf, wat gelykstaande is aan meer as 611 000 dollar per voertuig. Dit het gelei tot landwye betogings by NIP-terreine deur ontevrede werknemers wat beweer het dat elke topbestuurder brandstofkaarte…
19 Apr 5AM 1 min

Bestaande partye moet nuwe partye se deelname fasiliteer - Holomisa

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê politieke partye moet maniere vind om nuwe partye se deelname aan die land se demokrasie te ondersteun en te fasiliteer. Dit volg nadat die Verkiesingshof in die Verkiesingskommissie se guns beslis het dat vyf partye nie volgende maand op die stembrief sal verskyn nie. Holomisa…
19 Apr 4AM 1 min

Vars span vir die Haaie se VRK-kragmeting

Die Haaie het verskeie veranderings gemaak vir hul VRK-kragmeting in Skotland teen die Glasgow Warriors. Die kaptein, Lukhanyo Am, die vleuel, Makazole Mapimpi, die skrumskakel, Jaden Hendrikse, die stut Ox Nche, die haker, Bongi Mbonambi, en die slot Eben Etzebeth, kry almal ruskans. Die afrigter, John Plumtree, het die behoefte…
19 Apr 4AM 1 min

Swapo herdenk vandag 64 jaar

Die regerende party Swapo verjaar vandag. Die beweging is 64 jaar gelede gestig as bevrydingsbeweging vir Namibië. Kosmos 94.1 het met die politieke ontleder en Swapo-lid, dr. Charles Mubita, gepraat.
19 Apr 3AM 1 min

Stad Johannesburg tree op teen wanbetalers, word R52 miljard geskuld

Die Stad Johannesburg sê hy gaan streng optree teen wanbetalers wat nooit hulle verantwoordelikhede nakom om te betaal wat hulle verskuldig is nie. Die stad het die watertoevoer en elektrisiteitsverbindings na groot gebruikers soos landgoedere, hospitale en ʼn universiteit afgesny wat saam meer as ʼn miljard Suid-Afrikaanse rand aan munisipale…
19 Apr 3AM 1 min

Kommer oor die toestande in Sudan

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor die voortslepende konflik en humanitêre katastrofe in Sudan, en dit raak ook ander lande in die streek. Die president het sy werksbesoek aan Suid-Sudan afgesluit. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het namens Ramaphosa gesê blywende vrede, stabiliteit…
19 Apr 2AM 1 min

Gbs-raadslede nie tevrede nie

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het onlangs die Gobabis-munisipaliteit besoek na aantygings van korrupsie gemaak is deur twee komitee-lede. Dit was te midde van ‘n stryery oor ‘n 4 persent salarisverhoging terwyl die dorpsraad reuse-skuld het, en die onwettige besetting van plaas Witsand. Uutoni het toe 'n beroep…
19 Apr 2AM 1 min

IMF-voorspelling is tragedie

Die DA sê indien die Internasionale Monetêre Fonds se vooruitskouing vir Suid-Afrika waar word, sal dit neerkom op ʼn enorme humanitêre tragedie. Die fonds se 2024-verslag oor Wêreld Ekonomiese Vooruitsigte toon werkloosheid sal vanjaar tot 33,5-persent styg en in 2025 tot 33,9-persent. Traverse Le Goff van die DA sê nóg…
19 Apr 1AM 1 min

F1 gaan China toe

Formule Een is vir die eerste keer in vyf jaar terug in China met 'n naweek wat 'n Saterdag-snelren insluit. Met slegs 'n uur om hiervoor te oefen het verskeie renjaers kommer uitgespreek oor beperkte oefening op 'n opgeknapte baan, wat volgens die huidige spesifikasie vir F1-motors, onbekend is. Sjanghai-nuweling,…
19 Apr 1AM 1 min

5G is veilig - geen rede tot kommer

Suid-Afrika was die eerste land in Afrika wat 5G-dienste in 2020 kommersieel bekendgestel het, met 'n geraamde 5 miljoen gebruikers teen die einde van 2022, volgens TeleGeography. Tot op hede, en na baie navorsing, is geen nadelige gesondheidseffekte gekoppel aan blootstelling aan draadlose tegnologieë nie. Tydens die eerste aankondiging van…
19 Apr 1AM 1 min

Russe sal nie ontgin voor risiko vir besoedeling bepaal is nie

Die landbouminister Calle Schlettwein hou voet by stuk dat daar geen permitte sal wees vir Uranium One alvorens die besoedelingsrisiko aangespreek word. Oontginningsregte naby Leonardville is reeds in 2019 toegeken aan Rusland se Rosatom-filiaal maar die landbouministerie het egter die vereiste mynpermit weerhou. Schlettwein sê die maatskappy se onttrekkingsmetode kan…
19 Apr 12AM 1 min

Miljoenêrs en armoede... waar's die middelklas?

Die aantal Namibiese miljoenêrs was die week in die nuus en Henley & Partners sê vooruitskattings wys groei in lande soos Namibië en Mauritius sal Afrika se miljoenêrbevolking in die komende dekade met 65 persent laat styg. Tans het Namibië 2 300 individue met rykdom van 19 miljoen Namibiese dollar…
19 Apr 12AM 1 min

Malaria: Daar is geen epidemie nie, meen minister

PDM-parlementslid Winnie Moongo het die gesondheid minister in die Nasionale Vergadering gevra watter stappe die ministerie neem om die tekort aan materiaal en toerusting vir malaria-toetse aan te spreek. Daar is meer as 6 000 malaria-gevalle tussen Januarie en Maart vanjaar aangemeld, wat meer as dubbel is as die vorige…
18 Apr 11PM 1 min

Baie vordering gemaak in herlewing van Tshwane-bestuur

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê aansienlike vordering is gemaak om die munisipaliteit te laat herleef. Brink beklemtoon die aanstel van 'n nuwe topbestuurspan wat gefokus is op prestasie en integriteit. Hy is in sy stadsrede vol vertroue om 'n ongekwalifiseerde oudit te bereik deur die oorblywende kwessies aan…
18 Apr 11PM 1 min

Lüderitz het blink toekoms: burgemeester

Met al die ontwikkeling wat in Lüderitz beplan word het die burgemeester die hoop dat die dorp die hoofstad van die Suide gaan word. President Nangolo Mbula het onlangs die dorp besoek en Hyphen Energy gaan belê in meteorologiese maste in en om die die dorp. Dit is bo en…
18 Apr 12PM 1 min

Kleinhandelverkope in SA daal steeds

'n Senior Ekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelverkope in Suid-Afrika het op 'n jaargrondslag in Februarie met 0,8-persent gedaal. Alhoewel die uitslag ontmoedigend is, was dit steeds beter as die Reuters-konsensus van 'n daling van 1,6-persent. Mkhwanazi sê op 'n maand-tot-maand-grondslag, het verkoopsvolumes met 0,4-persent herstel, wat nie veel…
18 Apr 12PM 1 min
12 – 32