Twintig mense het sedert Woensdagaand in motorongelukke in Namibië gesterf: Elf Vrydagoggend in ‘n gru-ongeluk naby Otjiwarongo, een in ‘n ongeluk op die pad tussen Usakos en Karibib dieselfde oggend en agt Woensdagaand in ‘n ongeluk naby Arandis. Die slagoffers in die ongeluk naby Otjiwarongo - waarin ‘n minibus van…
President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het…
Die Verkiesingskommissie verwelkom die aankondiging dat die plaaslike regeringverkiesing op 4 November gehou sal word, aangesien dit sekerheid bied vir verkiesingsbeplanning. Die kommissie moedig alle stemgeregtigde kiesers aan om te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrikte geregistreer is, aangesien kiesers slegs mag stem waar hulle geregistreer is. David Mandaha…
Vandag is Internasionale Werkersdag en in Namibië is daar ‘n saamtrek van werkers op Walvisbaai. Die internasionale tema vir vanjaar se Werkersdag is "Die versekering van 'n gesonde psigososiale werksomgewing". Maar Namibiërs het 'n ander plan en hul eie tema: Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie…
Bannerman Energy het ’n finansieringsooreenkoms van meer as 5 miljard Namibiese dollar vir die ontwikkeling van sy Etango-uraanprojek in die Namib met die Chinese staatsbeheerde CNNC Overseas beklink. Hiervolgens gaan die Chinese ‘n belang van 45 persent in Bannerman se Britse filiaal bekom, wat 95 persent van Etango besit. Bannerman…
Brittanje het sy terreurbedreigingsvlak van “beduidend” na “baie ernstig” verhoog nadat twee mans Woensdag in Noord-Londen met ‘n mes gesteek is ná ‘n vlaag antisemitiese aanvalle in die Britse hoofstad. Dit is die eerste keer in meer as vier jaar dat die terreurbedreigingsvlak op dié kerf is en beteken ‘n…
Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
Die Konrad Adenauer-stigting het in samewerking met die Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad amptelik die InfoMSME-hub bekendgestel. Die aanlyn-platform is geskep om mikro, klein en medium ondernemings en nuwe besighede te help om die ondersteuning wat hulle benodig makliker te vind. Gebruikers kan sakeondersteuningsdienste verken, geleenthede ontdek, toegang tot nuttige hulpbronne kry…
Die Bank van Namibië het vandag in die hoofstad saam met Namfisa, Namibië se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel. Volgens die twee finansiële instansies is daar geen risiko’s vir die land nie. Anna William, adjunkdirekteur van finansiële stabiliteit en makroprudensiële toesig by die sentrale bank, gee meer inligting.
Die Namibiese deeltydse professor by die New York-universiteit, Fillemon Shikomba, is warm onder die kraag oor regsman Sisa Namandje. Hy het op X gedreig hy sal dokumente vrystel wat na bewering Namandje direk aan die Fishrot skandaal verbind. Shikomba het ‘n brief in dié verband aan president Netumbo Nandi Ndaitwah…
Gesondheidminister Esperance Luvindao het verlede jaar planne aangekondig om Namibië se eerste staatsbeheerde farmaseutiese vervaardigingsaanleg binne die volgende vyf jaar te vestig. Dit vorm deel van pogings om die land se gesondheidsorg-selfvoorsiening te versterk. Die ministerie het ook aangedui dat hulle in die eerste fase van beplanning vir die aanleg…
Oliepryse het weer die hoogte ingeskiet na berigte dat die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg om die versperring van Iranse hawens te verleng. Brent-ruolie se prys het met byna sewe-persent geklim tot 126 Amerikaanse dollar per vat - die hoogste sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022, en teen…
Justisieminister Filemon Wise Immanuel maak vandag 'n kritieke tweedaagse kennismakingstoer van gemeenskapshowe in die Kunene-streek klaar. Die besoek fokus op die evaluering van landelike bedrywighede en die versterking van die vennootskap tussen die regering en tradisionele owerhede. Die ministerie se hoof-kommunikasiebeampte, Edmund Khoaseb, gee meer inligting.
Die taakspan van die Tshwane Metropolisiedepartement het 'n minibus op die R-80 Mabopanehoofweg by Theo Martins-poort voorgekeer en daarop beslag gelê weens oorlading en die bedryf van sake sonder 'n permit. Die minibus is gedurende 'n roetinepatrollie voorgekeer. Woordvoerder Puleng Motholo sê daar is vasgestel daar was 34 leerders in…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.