
Landbou steeds grootste werkgewer in Namibië
Loading player...
Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het. Vervaardiging volg in die derde plek met 53 491 werkers. Intussen het die amptelike vieringe van Werkersdag op Opuwo afgeskop, waar president Netumbo Nandi-Ndaitwah binnekort ‘n toespraak gaan lewer. Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Mu-ha-ru-kua, het gaste met dié boodskap verwelkom:

