
Namibiese professor in VSA soek aksie teen korrupsie
Loading player...
Die Namibiese deeltydse professor by die New York-universiteit, Fillemon Shikomba, is warm onder die kraag oor regsman Sisa Namandje. Hy het op X gedreig hy sal dokumente vrystel wat na bewering Namandje direk aan die Fishrot skandaal verbind. Shikomba het ‘n brief in dié verband aan president Netumbo Nandi Ndaitwah gerig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

