Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
52 – 72

Groot koedoekoei loop glo rond in Centurion

Die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Gauteng het inwoners en motoriste in Mnandi, Centurion, in kennis gestel oor berigte van 'n groot koedoe-koei wat los rondloop. Leanne Hezlett van die sentrum het inwoners versoek om die owerhede in kennis stel indien hul die dier gewaar. Gister het hulle 'n jong koedoebul verdoof…
15 May 11AM 1 min

Stevie Wonder kry Ghanese burgerskap

Die Amerikaanse musieklegende Stevie Wonder is Ghanese burgerskap toegestaan tydens 'n besoek aan Accra saam met sy gesin. Wonder het gesê dit is 'n droom wat waar geword het om 'n burger van die Wes-Afrika land te word. Ghana se president, Nana Akufo-Addo, het Wonder se talent en Afrika-bande geprys…
15 May 11AM 1 min

Jy kan steeds registreer vir Resilient Hearts-program

Die #BreakFree groep wat onder die One Economy Foundation val het 'n nuwe program geloods. Die program, Resilient Hearts, het ten doel om lede van die publiek wat seksuele mishandeling en geslagsgeweld ervaar het, te behandel. Die program het hulle sperdatum vir aansoeke uitgestel tot 24 Mei. Kosmos 94.1 Nuus…
15 May 10AM 1 min

Nog 'n olieraffinadery vir Walvisbaai beplan

Die Ikhaya Somandla-familie van ISF Trading beoog om 'n groenenergiekompleks in Walvisbaai te ontwikkel wat 'n olieraffinadery, 'n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite sal insluit. 'n Omgewingsimpakstudie word gedoen deur Green Earth Environmental Consultants, wat 'n openbare vergadering op 24 Mei by die Narraville-gemeenskapsaal sal hou vir openbare konsultasies. Kosmos 94.1…
15 May 10AM 1 min

Ondersoek na 3 Mei-vliegongeluk byna afgehandel

'n Voorlopige verslag van die vliegtuigongeluk op 3 Mei wat die lewens van drie Westair-werkers geëis het, sal na verwagting teen die einde van die maand gereed wees. Volgens Ben Engelbrecht, 'n ondersoeker by die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke, word vermoed dat die vliegtuig se linkerenjin onklaar geraak…
15 May 10AM 1 min

So kan land beskerm word teen KI-sekuriteitsimplikasies

Namate Kunsmatige Intelligensie-tegnologie vorder, staan Namibië op die drumpel van ongekende geleenthede om nywerhede te hervorm en die lewenskwaliteit van burgers te verhoog. Van die verhoging van produktiwiteit in landbou en vervaardiging tot 'n rewolusie in gesondheidsorg-lewering en vervoerstelsels, lyk die potensiële toepassings van KI onbeperk. Daar is egter steeds…
15 May 8AM 1 min

18 slagoffers van George-ramp uitgeken

Die Slagoffer-identifikasiesentrum en Forensiese Patologie-diens in George in die Wes-Kaap het 18 van die 33 oorledenes van verlede week se gebou-ramp uitgeken. Negentien konstruksiewerkers word nog vermis. Die George-munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê sewe van die 18 slagoffers is Suid-Afrikaners, vyf is Malawiërs, drie is van Zimbabwe, twee van…
15 May 8AM 1 min

Stubbs lei Delhi Capitals na oorwinning, dalk IPL-uitspeelronde

Krieket: Delhi Capitals het sy groepsfase van die Indiese Premierliga afgesluit met ʼn sege van 19 lopies oor Lucknow Super Giants om op koers te bly vir ʼn plek onder die top vier, al is dit net wiskundig gesproke. Die Capitals het 208 vir vier behaal met vyftigtalle deur die…
15 May 8AM 1 min

Bemagtig mans om geslagsgeweld te keer: LPM

Gevalle van geslagsgeweld kom weekliks voor in die polisie se misdaadverslag. Die probleem blyk nie om onder beheer te kom nie. Met die verkiesing wat op hande is het Kosmos 94.1 Nuus by die verskillende politieke partye aangeklop om te hoor wat hulle oplossings is vir landskwessies. Joyce Muzengua van…
15 May 8AM 1 min

Werkloosheid in SA kort ernstige ingryping

Die African Transformation Movement sê omvattende en strategiese ingryping is nodig om die ekonomie weer lewe te gee en volhoubare indiensneming te verseker. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9-persent gestyg teenoor 32,1-persent die vorige kwartaal. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die regering kan…
15 May 7AM 1 min

Waterwese stel ondersoek in na waterversuiwering in hoofstad

Die waterwese-departement in die landbou, water en grondhervorming-ministerie gaan 'n ondersoek na die monitering van waterhulpbrongehalte en besoedelingsbeheer in die Windhoek-jurisdiksie doen. Verteenwoordigers van die departement sal tussen 20 Mei en 24 Mei ter plaatse inspeksies by verskillende fasiliteite doen. Dit is 'n roetine-inspeksie om nakoming van regulasies te verseker…
15 May 7AM 1 min

Gibeon-gebied blyk om stropery, veediefstal onder beheer te hê

Daar is uiteindelik goeie nuus in verband met stropery en veediefstal. Owerhede het onlangs melding gemaak van samewerking van die gemeenskap wanneer die misdadigers hulle gesteelde vleis verkoop en die boodskap het blykbaar die Gibeon-gemeenskap bereik. Christiaan Swartbooi, van die nedersetting se operasionele komitee teen veediefstal sê daar is vanjaar…
15 May 7AM 1 min

Uerikua weerspieël 30 persent inkrimping van akkerbou

Die Instituut vir Openbare Beleid sê in sy kwartaallikse ekonomiese oorsig die meeste sektore van die ekonomie het verlede jaar positiewe groei beleef maar vervaardiging en akkerbou het gekrimp, met laasgenoemde wat met 30 persent in die vierde kwartaal van verlede jaar gekrimp het. Dit is uiters kommerwekkend vir voedselsekerheid…
15 May 6AM 1 min

Skoon kookkuns... onthou, hierdie mense is arm

Landbouminister Calle Schlettwein sê dis alles goed en wel om die klimaatimpak van tradisionele kookmetodes aan te spreek maar, die mense wat blykbaar besoedel is arm. Hy het in Parys gepraat by die beraad oor skoon kookkuns in Afrika. Byna vier uit elke vyf Afrikane kook steeds hul maaltye oor…
15 May 6AM 1 min

Werkloosheid is ANC se skuld. Punt.

COPE sê die regering onder ANC-leierskap het misluk om werk vir miljoene Suid-Afrikaners te skep wat bewys die party het ʼn doodloopstraat bereik wat beleid betref. Volgens Statistieke Suid-Afrika het die werkloosheidsyfer in die eerste drie maande vanjaar met 0,8-persent tot 32,9-persent geklim. COPE se woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê mislukte…
15 May 5AM 1 min

Het binnelandse sake al jou regte besonderhede?

Die binnelandse sake-ministerie is besig om die Namibiese burgers se geboortesertifikate en identiteitsdokumente te digitaliseer. Namibiërs word aangemoedig om hulle inligting by die ministerie se hoofkantore te gaan opdateer, om te verseker dat dit op die ministerie se stelsel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Margaret Kalo, die ministerie…
15 May 5AM 1 min

Blinken besoek Oekraïne, beken vertraging in hulp help Rusland

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Washington is steeds verbind om Oekraïne van hulp te wees. Rusland is besig met 'n nuwe inval in die noordooste van Oekraïne, insluitend Kharkiv, na hulle die afgelope week groot vordering op verskeie fronte gemaak het. Blinken wat 'n verrassingsbesoek aan…
15 May 4AM 1 min

Diplomatieke gades in Windhoek hou basaar

Die Vereniging van Diplomatieke Gades het onderneem om vanjaar se ADS Jaarlikse Liefdadigheidsbasaar 'n uitsonderlike geleentheid te maak. Die basaar is geskeduleer vir 18 Mei by die Nust Hotelskool. Die publiek kan uitsien na internasionale kuns en kunsvlyt, smul aan kulinêre genietinge, deelneem aan prettige aktiwiteite vir kinders, en kultureel…
15 May 4AM 1 min

Krediet-skema wonderlik vir kleinsake

Bank Windhoek en die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, het 'n krediet waarborg skema-ooreenkoms ter waarde van 50 miljoen Namibiese dollar geloods. Die inisiatief is gerig op die bemagtiging van jeug en vroue in klein- en mediumgrootte ondernemings. Die skema verskaf broodnodige finansiële ondersteuning aan aspirant-entrepreneurs. Dit bevorder ook innovasie, werkskepping…
15 May 3AM 1 min

Koalisies is gevaarlik - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die ANC is versigtig om 'n koalisieregering te vorm weens die risiko van onbestendigheid soos gesien op plaaslike regeringsvlak. Volgens peilings sal die ANC dalk nie meer as 50-persent van die nasionale stemme in die algemene verkiesing van 29 Mei verkry nie. Dit sal die regerende…
15 May 3AM 1 min
52 – 72