Amerikaanse rentekoers onveranderd gelaat

Loading player...
Amerika se Federale Reserwe het besluit om die derde keer vanjaar rentekoerse onveranderd op 3,5- tot 3,75-persent te hou. Die sentrale bank hou rentekoerse bestendig, en skryf dit toe aan onsekerheid oor die Trump-administrasie se beleid en die konflik in die Midde-Ooste. President Trump het herhaaldelik ʼn beroep op die Federale Reserwe gedoen om rentekoerse te verlaag. Die Fed-voorsitter, Jerome Powell, sê hy glo die sentrale bank se vermoë om sonder politieke druk oor monetêre beleid te besluit, is in gevaar:
30 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MUN sal oog hou op Ohorongo-Cheetah samesmelting

Die Mynwerkersvakbond het die opheffing van die voorgestelde aflegging van 87 Cheetah Cement-werknemers verwelkom. Die opheffing volg op lynminister Modestus Amutse se besluit om die mededingingskommissie se blokkering van die maatskappy se samesmelting met Ohorongo Cement om te keer. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya,…
7 Jul 11AM 1 min

Polisie-inligting oor VBS Bank is met Juju gedeel, hoor kommissie

Die Madlanga-kommissie het bewerings aangehoor oor die senior polisie-offisier Feroz Khan wat vertroulike polisie-inligting met die EFF-leier Julius Malema gedeel het, rakende 'n bedrogklagte rondom VBS Bank. WhatsApp-boodskappe wat getuienisleier Michael Chaskalson voorgelees het, beweer Mohamed Sayed het die VBS-kurator, Anoosh Rooplal, se huisadres aan Malema verskaf. Chaskalson sê VBS…
7 Jul 11AM 1 min

Werkloosheid hoog onder Landbou- en Onderwys-graduandi

Werkloosheid onder gegradueerdes is 'n groot probleem in die land. Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys het die sektore ondersoek wat die meeste werklose gegradueerdes oplewer. Landbou-graduandi ervaar meer werkloosheid, gevolg deur onderwys. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys, dr. Sylvia Demas, het gepraat…
7 Jul 10AM 1 min

Beleid oor kernenergie in wording: NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat Namibië besig is om 'n beleid oor kernenergie op te stel wat deur wetgewing ondersteun word, terwyl die regering daarna streef om die land se uraanrykdom in elektrisiteit om te skakel. Sy het gepraat na 'n besoek aan die fasiliteite van die China General…
7 Jul 10AM 1 min