Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3192 – 3212

Dís wat nodig is vir 75% indiensneming teen 2030

Om die ambisieuse doelwit van 'n 75 persent-indiensnemingsyfer teen 2030 onder die sesde nasionale ontwikkelingsplan te bereik sal uitdagend wees, maar nie buite bereik nie. In reaksie op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se beleidsintervensies onder NDP6, het die Unam-ekonoom Omu Kakujaha-Matundu gesê 'n beduidende verskuiwing is moontlik indien sleutelstrategieë effektief geïmplementeer…
3 Sep 2025 10AM 1 min

Namibië kry reeds 'sowat 50% van olietransaksies'

Namibië kry nie net 10 persent uit sy oliebronne nie, sê Carlo McLeod, presidensiële spesiale adviseur en adjunkhoof van die Stroomop Petroleum-eenheid. McLeod het tydens die voortgesette openbare konsultasie in Keetmanshoop die groeiende kommer oor die land se aandeel in olietransaksies aangespreek en verduidelik dat hoewel Namcor 'n 10 persent-belang…
3 Sep 2025 9AM 1 min

Putin se Oekraïne-uitsprake op VSA gerig, sê kenner

Russiese president Vladimir Putin het met die eerste minister van Slowakye, Robert Fico, in Beijing vergader, waar Putin gesê het dat Moskou nog nooit Oekraïne se potensiële lidmaatskap van die Europese Unie teengestaan het nie. Hy het ook ontken dat Rusland van plan is om Europa aan te val na…
3 Sep 2025 9AM 1 min

Besigheid soos normaal by Woermann Brock in Opuwo

Die Woermann Brock-tak in Opuwo is oop en is ten volle operasioneel, en bedien steeds kliënte soos gewoonlik. Dit volg op 'n klein brandvoorval wat gister by die tak plaasgevind het, wat 'n kort ontwrigting van die normale aktiwiteite veroorsaak het. Die situasie is vinnig onder beheer gebring, en geen…
3 Sep 2025 8AM 1 min

Solidariteit stel aanlyn 'kulturele tuiste' vir Afrikaners bekend

Die Solidariteit-beweging het 'n digitale kulturele tuiste, MyHartland, bekend gestel om Afrikaners wêreldwyd met hul taal, erfenis en gemeenskap te verenig. Dis geïnspireer deur suksesvolle diaspora-projekte oorsee en bied nuus, kulturele inhoud, hulpbronne vir kinders en geleenthede om projekte in Suid-Afrika te ondersteun. Volgens Marisa Engelbrecht van Solidariteit is die…
3 Sep 2025 8AM 1 min

VF Plus soek optrede teen Stellenbosch-bestuurder

Die Vryheidsfront Plus vra die DA om onmiddellik op te tree teen die Munisipaliteit Stellenbosch se bestuurder van menslike hulpbronne, Alexander Kannemeyer. Dit volg ná ʼn video op sosiale media waarin hy na bewering voorstel hulle maak die lewe vir wit werknemers so moeilik dat hulle bedank. Gert van Niekerk…
3 Sep 2025 7AM 1 min

Trump-administrasie se klimaatverslag 'vol foute'

'n Groep van 85 van die voorste Amerikaanse klimaatwetenskaplikes het 'n oorsig saamgestel oor 'n kontroversiële verslag van die Trump-administrasie wat die risiko's van die klimaatskrisis afmaak, en bevind dat die dokument bevooroordeeld en vol foute is, en basiese wetenskaplike geloofwaardigheid ontbreek. Die omvattende 434 bladsye-verslag trek die dokument van…
3 Sep 2025 7AM 1 min

Walvisbaai bied maritieme-fees aan

Walvisbaai gaan van 8 tot 13 September die Maritieme Fees aanbied, wat Namibië se oseaanerfenis vier onder die tema “Ons Oseaan, Ons Verpligting, Ons Geleentheid”. Met skooldebatte, loopbaanuitstallings en 'n viskookkompetisie op die agenda, is die doel van die fees om die publiek te betrek by die eer en beskerming…
3 Sep 2025 6AM 1 min

GIPF gee huislenings vanaf Januarie 2026

Die sekretaris van die kabinet, Emilia Mkusa, en Martin Inkumbi, die uitvoerende hoof van die Pensioenfonds vir Regeringsinstellings, GIPF, het 'n mylpaalooreenkoms onderteken wat die langverwagte pensioengesteunde huisleningskema bekendstel. Vanaf 12 Januarie 2026 sal kwalifiserende GIPF-lede tot een derde van hul pensioenspaargeld kan leen om hul huise te koop, te…
3 Sep 2025 6AM 1 min

Nida verhoog salarisse met 5%

Werknemers by die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, of Nida, gaan 'n salarisverhoging van 5% ontvang, danksy 'n nuwe loonooreenkoms wat met die Voedsel- en Geallieerde Werkersunie gesluit is, gesteun deur die Ministerie van Industrialisasie en Handel. Inyemba Kamwi, senior konsultant vir strategie en projekte by die agentskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.  
3 Sep 2025 6AM 1 min

Motorbedryf in SA staan voor ‘bloedbad’

Die vakbondfederasie Saftu sê die motorbedryf staan voor 'n bloedbad ná Ford se plan om poste by sy Pretoria-aanleg in Gauteng te sny. Die federasie het by die metaalwerkersvakbond, Numsa aangesluit om die afleggings te veroordeel en waarsku dit volg op die hakke van besnoeiings by Mercedes-Benz en ArcelorMittal Suid-Afrika,…
3 Sep 2025 5AM 1 min

Nust se kultuurfees skop af

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in vennootskap met Coca-Cola, bied van vandag tot Vrydag sy jaarlikse Kultuurfees op sy hoofkampus in Windhoek aan. Meer as net musiek en dans, vier die geleentheid Namibië se ryk diversiteit en Nust se toewyding aan inklusiwiteit en interkulturele begrip. Nust-woordvoerder Cindy van…
3 Sep 2025 5AM 1 min

SA se sake-onvriendelikheid moet getakel word

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die toenemende werksverliese weens maatskappye wat hul bedrywighede afskaal of die land heeltemal verlaat, is kommerwekkend. ArcellorMittal SA maak einde September toe met 3 500 werksgeleenthede wat verlore gaan. Ford Motor Company SA gaan 474 werkers by sy aanlegte in die Baai en Pretoria aflê…
3 Sep 2025 4AM 1 min

Trump sê hy’s nie siek nie, net besig

Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy baie aktief was oor die afgelope langnaweek in die land en het bespiegeling op sosiale media oor sy gesondheid as vals nuus afgemaak. Dit was in reaksie op 'n vraag van 'n verslaggewer oor aanlyn gerugte dat hy gesterf het, ná hy vir…
3 Sep 2025 4AM 1 min

Grootste militêre parade ooit vandag in China

Alle oë is vandag op Beijing, waar Chinese president Xi Jinping gasheer is vir die Russiese president Vladimir Putin en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un by een van die grootste militêre parades ooit. Die parade is ter viering van die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog…
3 Sep 2025 3AM 1 min

Wegholbrande in drie SA provinsies gevrees

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê uiters gevaarlike veldbrandtoestande word in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng beleef en dit sal voortduur. Volgens hierdie toestande is die brandgevaar-aanwyser bo 75. Die Tshwane-nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni, sê die warm, winderige toestande kan wegholveldbrande veroorsaak en bestaande brande in Gauteng vererger:
3 Sep 2025 3AM 1 min

Trump-weermag val dwelmboot aan

Die Amerikaanse Weermag het ʼn dodelike aanval by die Karibiese Eilande uitgevoer op ʼn Venezolaanse boot met dwelms aan boord. Elf mense, vermoedelik lede van die Venezolaanse bende Tren de Aragua, is in die aanval dood. President Donald Trump sê die aanval is uitgevoer terwyl die terroriste onwettige dwelms in…
3 Sep 2025 2AM 1 min

Swakopmund skerp kundigheid in toerisme op

Die land verloor miljoene Namibiese dollar aan potensiële inkomste as gevolg van sy lae mededingendheid in die globale vergaderings-, aansporings-, konferensie- en uitstallingsbedryf. Om dit aan te spreek, bied die Namibiese Toerismeraad tans opleiding in Swakopmund aan om plaaslike geleentheidsorganiseerders te help om aan internasionale standaarde te voldoen. Esther Ndilula,…
3 Sep 2025 2AM 1 min

Ontbind staatsagentskap wat met pensioen werk, vra DA

Die DA vra vir die ontbinding van die regering se pensioenadministrasie-agentskap en dat die Regeringswerknemers-pensioenfonds sy werk oorneem ter wille van die beskerming van pensioentrekkers en belastingbetalers. Die agentskap word beskuldig van onwettige aankope en onder meer die toeken van 'n biometriese kontrak van 500 miljoen rand aan 'n maatskappy…
3 Sep 2025 1AM 1 min

Meer as 33 000 Epstein-bladsye vrygestel

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se oorsigkomitee het meer as 33 000 bladsye van Jeffrey Epstein-verwante lêers vrygestel wat van die justisiedepartement ontvang is. Dit sluit in vlugplanne, toesigvideo’s van die tronk, hofdokumente, opnames en e-posse. Epstein, ʼn finansier en veroordeelde seksoortreder, het in 2019 selfdood gepleeg terwyl hy verhoorafwagtend…
3 Sep 2025 1AM 1 min
3192 – 3212