Cyril betreur Trump se G20-aanmerkings

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê hy neem kennis van president Donald Trump van Amerika se verklaring oor Suid-Afrika se deelname aan die G20-leiersberaad in 2026. Trump sê Suid-Afrika sal nie na die beraad in Florida genooi word nie omdat die land weier om die menseregteskendings teen Afrikaners te erken of aan te spreek. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê as stigterslid het Suid-Afrika altyd die gees van konsensus, samewerking en vennootskap wat die G20 definieer, waardeer:
27 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krag sal Sondag af wees in Otjiwarongo, Tsumeb

Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
5 Dec 10AM 1 min

Kaapse Forum en Saai takel bemagtiging deur landbou

Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
5 Dec 10AM 1 min

Nuwe Napha-president sit doelwitte uiteen

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het 'n nuwe president. Hannes du Plessis is deur lede verkies en neem oor by Axel Cramer vir die volgende twee jaar. Kosmos 94.1 Nuus het by Du Plessis aangeklop om uit te vind wat sy doelstellings is vir sy termyn.
5 Dec 9AM 1 min

Arbeidskenner pleit weer vir basiese inkomstetoelaag

Reaksie word ontvang op berigte dat meer as 500 Gochas inwoners opgedaag het vir drie matrone- en vyf skoonmaker posisies. ‘n Paar jaar gelede het meer as 3 000 werksoekers opgedaag vir ‘n handvol skoonmaker poste by Sentraal-hospitaal in die hoofstad en ook in Windhoek het ‘n stormloop voorgekom toe…
5 Dec 8AM 1 min