Een vrou of meisie in 2024 elke 10 minute vermoor

Loading player...
Lewensmaats en familielede het in 2024 elke tien minute 'n vrou of meisie met opset vermoor. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Organisasie vir Vroue. Die verslag toon ongeveer 50 000 vroue en meisies is verlede jaar wêreldwyd deur hul intieme maats of ander familielede vermoor. Afrika het die grootste aantal moorde op vroue deur lewensmaats of familielede aangeteken, met 'n geraamde 22 600 slagoffers. Sarah Hendriks van die VN-vroue-organisasie sê geweld wat met die hulp van tegnologie gepleeg word, lei in sekere gevalle tot vrouemoord:
26 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ACC moet korrupsie met piepklein begroting bekamp

Die Parlement bevraagteken of Namibië korrupsie werklik as verraad kan beskou, soos verklaar deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah, midde kommer oor die begroting van die Teenkorrupsie Kommissie. Die ACC het 'n begroting van 109 miljoen Namibiese dollar vir 2026/2027 ontvang, insluitend 89 miljoen dollar vir bedrywighede en ongeveer 4,6 miljoen dollar…
6 Apr 7AM 1 min

Oorlewende Siamese baba na Pretoria gevlieg

Limpopo se departement van gesondheid het bevestig die oorlewende baba van die onlangs-geskeide Siamese tweeling is van die Mankweng-hospitaal na die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gevlieg vir spesialissorg. Premier Phophi Ramathuba se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê die besluit volg ná raadpleging tussen Ramathuba en die minister van gesondheid,…
6 Apr 5AM 1 min

Strenger Jan Taks ná brandstofstygings in SA

Die nuut-aangestelde kommissaris van die Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê dit mag nodig wees om belasting-invorderingspogings te verskerp om te vergoed vir 'n inkomstetekort van bykans ses miljard rand per maand nadat die brandstofheffing verlaag is. Dit is gedoen om druk op verbruikers te verlig ná skerp stygings in brandstofpryse. Makhuba…
6 Apr 4AM 1 min

Kabinet veroordeel Nigeriër as hoofman in KuGompo

Die kabinet het die aankondiging van die kroning van 'n Nigeriër as hoofman in KuGompo-stad in die Oos-Kaap veroordeel en sê dit is onregmatig en sonder regsgronde. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê tradisionele leierskap word streng gereguleer kragtens die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Die kabinet neem…
6 Apr 3AM 1 min

Artemis II maak reg vir 40 minute se tjoepstilte

Artemis-ruimtevaarders maak vandag opnuut geskiedenis wanneer hulle vir 40 minute stoksielalleen op hul maanreis gaan wees. Ondanks konstante kontak met sendingbeheer in Houston, sal dié verbinding tydelik verbreek word wanneer die ruimtetuig agter die Maan verbybeweeg. Die presiese tyd moet nog deur Houston bevestig word, maar behoort omstreeks twee-uur Namibiese…
6 Apr 2AM 1 min