
Regskenner sê Swartbooi se aanmerkings is nie verraad nie
Loading player...
Die woord "verraad" doen hierdie week die rondte in Namibië, aangevuur deur die plofbare kommentare van LPM-leier Bernadus Swartbooi, wat gesinspeel het op "die opneem van gewere" omdat die regering die Hardap- en Karas-streke afskeep. Die direkteur van die Regsbystandsentrum, Toni Hancox, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

