GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
172 – 192

Jessica Dalla Torre onderhoud

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
24 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense – Marika de Klerk

Jy sien Marika de Klerk se omgeehart in elke plasing op haar Facebookprofiel – dis van boere in nood en honger kinders tot werkskepping en orgaanskenking. Dit was nog altyd haar wêreld... Marika het jare lank by Sungarden Hospice gewerk en in 2010 die Pretoria Wes Gemeenskapsforum begin. Die doel…
19 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense – Swanepoel gesin

Ernst Swanepoel (47) van Booysens in Pretoria-Wes is blind gebore. Sy vrou, Christelle en jongste seun (6) het ook verskillende gestremdhede. Ouboet (8) is baie gelukkig in die skool en vir Ernst is dit ‘n daaglikse hoogtepunt om saam met sy seun skool toe te stap. “Dis wanneer hy my…
13 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense - 5 Nov '19 - 'n Spesiale Meiring verjaarsdag

Mauritz Meiring was ‘n hardwerkende gesinsman wat alles in sy vermoë gedoen het om sy vrou, Salomé en twee kinders, Derek (18) en Christelle (15) in alle opgesigte te ondersteun. In 2018 het hy eers sy been by die werk gebreek, toe gangrene in sy linkervoet gekry en later moes…
6 Nov 2019 8 min

#JouMenseMyMense - Alida - 29 Oktober 2019

Toe Alida (46) saam met haar kollega by die huis waar sy ‘n buitekamer huur, stop, het sy dadelik die gesigte van die GROOTfm span wat op die sypaadjie vir haar wag, herken. Sy bly eers ‘n rukkie in die kar sit en dan loop die trane soos sy uitklim…
29 Oct 2019 7 min

#JouMenseMyMense – Om weer te kan sien...

Die oogspesialis, Dr. Marcel Niemandt poog om elke jaar (reeds die afgelope 9 jaar) tydens “Eye Care Awareness Week” vir behoeftige persone die geskenk van sig te gee met gratis katarakchirugie. ‘n Groot geskenk met ‘n operasie wat ongeveer R25 000 per oog beloop. Vir hierdie jaar se “geskenke” ter…
15 Oct 2019 7 min

#JouMenseMyMense 8 Oktober 2019 - Kleintreetjies se Amanda

Kleintreetjies Kleuterskool is al 37 jaar oud en die eienaar, Amanda was op die 1ste Junie al 20 jaar lank aan die stuur van hierdie stukkie hemel vir 83 kleuters en 35 naskool kinders. Die skool het 11 voltydse personeel en 2 drywers wat die kinders met bussies by die…
8 Oct 2019 6 min

#JouMenseMyMense – Jessica Liebenberg – 1 Okt 2019

In Mei 2019 is ‘n biopsie gedoen op ‘n groeisel op 36-jarige Jessica Liebenberg se rug. Die chirurg het bevestig dat dit ‘n kwaadaardige melanoom is en aanbeveel dat hulle ‘n groter gedeelte van die tumor uitsny en dan ‘n middel in haar limf spuit wat bepaal of die kanker…
1 Oct 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 17 September 2019 - Marius van Dyk

Die skuifdeur na Marius van Dyk (62) se huis agter die petrolstasie waar hy die afgelope 12 jaar as bestuurder van die karwas en sleepwaens gewerk het, staan oop toe ons daar aankom. Asof mens sommer enige tyd welkom is. Sy kollegas en ook van sy oud-kollegas wat help dra…
17 Sep 2019 1 hour

#JouMensenMyMense – 10 Sep 2019 – Toe dinge reggekom het…

Sy wou ons eers by die baksteenhuis op die erf in Pretoria-Wes invat sodat ons daar kan gesels. “Julle sal sien ek het niks in my wendyhuisie nie… En dit raak warm.” Maar dis daar op die vloer van *Jackie se “dak oor haar kop” wat sy haar storie vir…
11 Sep 2019 6 min

#JouMenseMyMense - 3 September 2019 - 'n Dankie vir haar opoffering

Vanoggend kon ons span ‘n vrou gaan verras wie beide haar ouers tot op die einde versorg het en wie se familie op ‘n manier vir haar waardering wou wys vir al haar opoffering... Lizette Hamer se ma is in April 2016 met aggressiewe longkanker gediagnoseer. Die tannie moes ‘n…
3 Sep 2019 6 min

Goeie Nuus Vrydag

GROOTfm 90.5 — GROOTfm 90.5 en Pharma Valu se omgeeprojek skop af!
16 Aug 2019 4 min

#JouMenseMyMense 13 Augustus 2019 – Nikita se “karretjie”

Nikita is 32 jaar oud en sy kom van Pretoria-Wes. Sy is gebore as ‘n dipleeg, met gevoel in haar lyf, maar sy kan nie loop nie. Sy is in ‘n rolstoel en geheel en al afhanklik van ander mense om oor die weg te kom. Haar ouers is geskei…
14 Aug 2019 6 min
172 – 192