#JouMenseMyMense – 27 Augustus 2019 – Gemeenskap werk saam vir ‘n droom matriekafskeid

--:--
Vanoggend het ons GROOTfm 90.5 span ‘n matriekdogter en haar ma by Laerskool Tuinrand in Pretoria-Wes gaan verras…

Vir ons matrieks wat tans besig is met hulle rekordeksamen is dit nou die laaste pylvak van hulle hoërskoolloopbaan met die matriekafskeid mylpaal wat voorlê. ‘n Wonderlike hoogtepunt vir elke jongmens, maar ook ‘n bekommernis vir gesinne wat sente moet draai om kos op die tafel te sit. ‘n Storie wat ons oog en oor gevang het, is die Tuinrand-gemeenskap se inspring-en-saamwerk om Zandri Swanepoel van Hoërskool Hercules se matriekafskeid ekstra spesiaal te maak…

Zandri is een van 3 kinders. Ouboet was laas jaar in matriek en is besig met ‘n ambag. Kleinsus is in Graad 7 by Laerskool Tuinrand waar Ma, Claudette in die snoepie werk. Vir ‘n enkelma bly dit ‘n konstante uitdaging om die somme te laat klop terwyl jy steeds vir jou dogter die mooiste afsluiting gun van ‘n skooloopbaan waarop jy so trots is!

Zandri is al van Graad 8 af lid van haar skool se VLR en dien ook tans op die leerlingraad van Hoërskool Hercules. Sy speel al die afgelope 3 jaar in die skool se 1ste hokkiespan en vir twee jaar in die 1ste span sagtebal. Sy is geliefd onder haar maats, doen goed op skool en is 'n pragtige dogter met die mooiste hart.

Mens verstaan hoekom almal op ‘n manier wil deel wees van Zandri se matriekafskeid! Juffrou Alicia van Laerskool Tuinrand het haar rok gereël, Juffrou Chanelle is ‘n fotograaf met haar eie besigheid - sy het hand opgesteek om die foto’s te neem! Ma Claudette het 'n geldjie bymekaar gemaak vir Zandri se skoene, haar nefie het gereël vir die naels en die oulike kêrel sorg vir ‘n spoggerige motor.

Die briefie wat ons toe kry en wat die rede vir die verrassing was, sê: “Zandri het nog 'n ietsie blink nodig vir om haar nek, 'n silwer handsakkie en grimering. Haar ma kan self die grimering doen hulle het net nie…”
27 Aug 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min