#JouMensenMyMense – 10 Sep 2019 – Toe dinge reggekom het…

--:--
Sy wou ons eers by die baksteenhuis op die erf in Pretoria-Wes invat sodat ons daar kan gesels. “Julle sal sien ek het niks in my wendyhuisie nie… En dit raak warm.” Maar dis daar op die vloer van *Jackie se “dak oor haar kop” wat sy haar storie vir ons vertel van ‘n gebroke huis en gebroke verhoudings, alkoholisme, dwelmhandel en -verslawing, ontvoering en verkragting, mishandeling, misbruik en ‘n miskraam, prostitusie en godsdiens, haar HIV status en lewe op straat en haar swerf van rehab en shelter tot waar sy vandag hier is – eerder arm en honger, maar skoon vir die laaste 6 jaar.
Dis *Wilma se briefie wat ons tot hier gebring het: “My mamma hart breek as ek sien hoe hard sy probeer en hoe alleen sy is.”
Wilma is nie direkte familie van Jackie nie, maar wel die afgelope 6 jaar die pleegmamma van Jackie se 2 dogtertjies. Toe ons gister met haar oor die foon praat het sy verskoning gevra omdat sy nog in die bed was. “Maandae, Woensdae en Vrydae is chemo-pil dag.” Wilma is 11 jaar gelede die eerste keer met kanker gediagnoseer. Sy leef dag vir dag en wanneer haar krag genoeg is bak sy vir ‘n ekstra inkomste. Sy kan nie meer werk nie as gevolg van haar gesondheid en haar man is ‘n ambagsman.
11 Sep 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min