#JouMenseMyMense – 20 Augustus 2019 – R183 000 se blikkieskos van SPAR Northrand

--:--
154 van SPAR Northrand se winkels het as deel van GROOTfm 90.5 se #lositbeter veldtog 15 696 blikkies kos ter waarde van R183 000 geskenk wat ons vandag aan verskillende begunstigdes kon uitdeel!

1. Headstart Kids - www.headstartkids.co.za

2. PEN - www.pen.org.za

3. Judea Hope - www.judeaharvest.co.za

4. Plastic View - www.sacares.website

5. Eleos - www.eleos.co.za

6. Abba House - www.sacares.website

7. Helpende Hand - www.helpendehand.co.za

8. LifeHouse Mamelodi, LifeHouse Hammanskraal en LifeHouse Soshanguve - www.sacares.website

SPAR Northrand het besluit om as deel van ons #Lositbeter veldtog 154 van hulle winkels uit te daag om blikkies kos te skenk! 'n Span van 18 mense het van vroeg die oggend die telefone wit warm gebel om seker te maak ons kan 'n hele paar leë koskaste bietjie beter los as wat ons dit gekry het... En uiteindelik het hulle 15 696 blikkies kos ingesamel ter waarde van R183 000 wat vandag tussen 10 projekte verdeel word!

9. Headstart Kids fokus op die ontwikkeling van kleuters tussen 3 en 5 jaar oud uit minderbevoorregte families en om in hulle emosionele en sosiale, gesondheid en ook voedingsbehoeftes te voorsien. Ons het saam met Headstart Kids en die Multiply Titans krieketspelers die eerste 1500 blikkies kos geskenk aan die 26 dagsorgsentrums met 1113 kleuters in Attridgeville by wie Headstart Kids betrokke is.

10. PEN werk onder 3 mensegroepe genaamd kleuters, die jeug en volwassenes en poog om hulle te bevry van die kloue van armoede en afhanklikheid. Die blikkieskos gaan gebruik word vir PEN se huis vir haweloos & kwesbare kinders asook PEN se volwasse projekte wat fokus op mans wat op straat bly en vroue wat haweloos is en vasgevang in die web van prostitusie.

11. Judea Hope het die afgelope 20 jaar al meer as 1300 kleuterskole in plakkerskampe, dorpe, stede en ook afgelee landelike gebiede geplant! Hulle hooftaak is om die kinders se voeding te verbeter en die kleuterskoolpersoneel wat hulle uit die gemeensk
20 Aug 2019 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min