US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
20 – 40

KILLING KAROLINE

Met: Ruda Landman as gespreksleier Aangebied deur MFBooks Joburg Nie baie mense kan sê hulle ma het hulle, om haar huweliksontrouheid te verdoesel, as pasgebore baba landuit geneem, vir aanneming opgegee en in Suid-Afrika as dood laat registreer nie. Maar dis die verstommende ware verhaal van Karoline, wat as die…
8 Mar 2019 55 min

SOPHIA KAPP: KANTELPUNT

Met: Anastasia de Vries Aangebied deur LAPA Uitgewers Nellie, wat pas 50 geword het, is ’n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy’t stilgebly. Dan kantel haar wêreld en begin sy haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen…
8 Mar 2019 1 hr 01 min

JOHN HUNT'S 60S HILLBROW

Met: Harry Kalmer Aangebied deur Penguin Random House As die Hunt van die internasionale reklame-agentskap Hunt Lascaris, deesdae TBWA\Worldwide, bly skryf vir John Hunt sy happy place. In sy lieflike grootwordstorie The Boy Who Could Keep A Swan In His Head neem hy die leser terug na die Hillbrow van…
7 Mar 2019 52 min

ZAPIRO CAPTURES ZUMA

Aangebied deur Jacana Media Met: Jonathan Shapiro Die ernstige gekheid en die gekke erns van staatskaping en die Zuma-jare is die skoppelmaai waarop Zapiro ry in WTF: Capturing Zuma – A Cartoonist’s Tale. Die bekende spotprentkunstenaar kom gee ’n spesiale show ’n tell van sy werk – veral daardies wat…
7 Mar 2019 1 hr 06 min

KINNES, MELK EN VLEIS

Chase Rhys en Marina Albertyn gesels met Lee-Ann van Rooi en Paul du Toit Aangebied deur Kwela Boeke en Protea Boekhuis Twee akteurs, twee dramaturge, en twee gewilde toneelstukke wat verlede jaar by die Woordfees gedebuteer het. Lee-Ann van Rooi en Paul du Toit vra Chase Rhys (die novelle Kinnes)…
7 Mar 2019 52 min

MURRAY SE RUBRIEKE

Met: Martie Meiring Aangebied deur LAPA Uitgewers Murray la Vita is ’n groot man. Hy’t ’n imposante haardos wat aan ’n leeumannetjie se maanhare herinner. Maar dié sagmoedige reus het ’n eweneens sagte stem. Murray neem fyn waar, weeg sy woorde, vra diep vrae en skryf dan vreesloos oor sake…
7 Mar 2019 1 hr 06 min

JOHAN HEYNS - 25 JAAR LATER

Met: Fearika en Adam Heyns, Murray Hofmeyr en Piet Meiring, in gesprek met Karin Brynard Aangebied deur kykNET Vyf-en-twintig jaar sedert die kerkleier prof. Johan Heyns langs sy vrou, Renée, en voor sy kleinkinders vermoor is, praat sy skoondogter Fearika en haar filmmakerseun, Adam, oor Heyns se dagboeke, wat saam…
7 Mar 2019 1 hr 13 min

DIE VEREVROU

Jan van Tonder, in gesprek met Nélleke de Jager Aangebied deur Human & Rousseau Liora word op ’n volstruisplaas in Algerië groot. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums. Maar onrus bou op in Algerië, en…
6 Mar 2019 59 min

"THE BOSS" WORD 70

Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach, Desmond Painter, Andries Bezuidenhout en Lise Swart “Ek het die toekoms van rock ’n roll gesien en sy naam is Bruce Springsteen,” kondig die musiekskrywer Jon Landau in 1974 aan. ’n Jaar daarna word sy voorspelling bewaarheid toe Born To Run die wêreld tref. In…
6 Mar 2019 1 hr 25 min

VROUE IN KUNS

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
6 Mar 2019 35 min

JEANETTE FERREIRA: BLOEDLELIE

In gesprek met Willemien Brümmer Aangebied deur LAPA Uitgewers Wie was die Magdalena, wat in 1838 haar man, Piet Retief, sien vertrek het na ’n vergadering met Zulu-koning Dingaan om oor grond te onderhandel? Hanna, ’n hedendaagse vrou, wonder hieroor wanneer sy en haar geliefde ondersoek instel na ’n grondeis…
6 Mar 2019 1 hr 02 min

VLADISLAVIĆ EN KALMER

Ivan Vladislavić en Harry Kalmer, in gesprek met Frederik de Jager Aangebied deur Penguin Random House In The Distance, Ivan Vladislavić se nuwe roman, vertel Branko die verhaal van sy jonger broer, Joe, en dié se fassinasie met die bokser Muhammad Ali. Hy roep die magiese op van die bokskryt,…
6 Mar 2019 1 hr 02 min
20 – 40