VLADISLAVIĆ EN KALMER
--:--
Ivan Vladislavić en Harry Kalmer, in gesprek met Frederik de Jager
Aangebied deur Penguin Random House
In The Distance, Ivan Vladislavić se nuwe roman, vertel Branko die verhaal van sy jonger broer, Joe, en dié se fassinasie met die bokser Muhammad Ali. Hy roep die magiese op van die bokskryt, die ligte, die legende wat Ali was – sowel in liggaamskrag as sy spitsvondigheid (“float like a butterfly, sting like a bee”), en stel intieme persoonlike verhale van ’n leeftyd teenoor die buitengewone krag van sportberoemdheid. Ivan gesels saam met Harry Kalmer, wenner van die Barry Ronge-fiksieprys, oor vermomming en verhulling, verrassings en drome, en ’n sportheld met verskeie name. Frederik de Jager vra die vrae.