"THE BOSS" WORD 70
--:--
Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach, Desmond Painter, Andries Bezuidenhout en Lise Swart
“Ek het die toekoms van rock ’n roll gesien en sy naam is Bruce Springsteen,” kondig die musiekskrywer Jon Landau in 1974 aan. ’n Jaar daarna word sy voorspelling bewaarheid toe Born To Run die wêreld tref. In 2019 word die toekoms van rock 70. Die musiekmissionarisse en Springsteen- entoesiaste Kerneels Breytenbach, Danie Marais en Desmond Painter vier die Boss met ’n terugblik op sy lewe, werk en topverkoper-outiobiografie. Met akoestiese weergawes van ikoniese Springsteen-liedjies deur Andries Bezuidenhout en Lise Swart.