Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
30
MAY
2018

DIE RESTAURANT AS MISDAADTONEEL

Met: Schalk Schoombie en Irna van Zyl.
’n Bekende kosresensent sterf
onverklaarbaar en ’n ongewilde sjef
word ná ’n hewige tantrum die volgende
oggend dood in sy kombuis gevind. Oudjoernaliste
Schalk (Rooi haring) en Irna (Gifbeker) gesels met Kerneels Breytenbach
oor hoe ons jongste koshebbelikhede
en die moderne onthaalwese vrugbare
teelaarde is vir ’n komiese misdaadsatire,
of hoëoktaan-spanningsverhaal.
30
MAY
2018

MARLENE VAN NIEKERK: DIE DIGTER

Aangebied deur Human & Rousseau.
Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels
deur dié Hertzogpryswenner vir poësie.
Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte
van In die stille agterkamer en Gesant van
die mispels aan die hand van foto’s van die
werk van die Nederlandse skilders Adriaen
Coorte (1659-1707) en Jan Mankes (1889-
1920), waarop die gedigte gegrond is. In
’n opname kan Marlene ook gehoor word
waar sy self van die gedigte voorlees.
30
MAY
2018

DAMES EN HERE, LEONARD COHEN!

Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach
en Andries Bezuidenhout.
Die Kanadese digter-troebadoer, skepper
van ‘Suzanne’ (1967) en ‘Hallelujah’ (1984),
is in November 2016 op 82 dood ná
’n verstommende oplewing laat in sy
loopbaan. ’n Deeglike evaluering van die
poësie in sy lirieke, met nuwe insigte,
baie bewondering en heelwat heimwee.
As bonus sing Andries die onbekender
lang weergawe van ‘So long, Marianne’.
30
MAY
2018

VROUE IN VERANDERING

Met: Christi van der Westhuizen,
Sylvia Vollenhoven, Annie Klopper
en Bettina Wyngaard.
Wat haar fassineer van ’n manlike
teenwoordigheid, sê Antjie Krog nadat sy
die Hertzogprys vir poësie ontvang het,
is ‘mans gaan nooit net weg nie, hulle vat
ook die mag saam weg en dan bly daar
nou net ’n klomp vrouens oor en skielik
daal die statuur van daardie beroep’ …
Op Internasionale Vrouedag debatteer
vier skrywers onder leiding van Hannelie
Booyens oor vroue en hulle identiteit in
Suid-Afrika vandag: Hoe het dit verander,
hoe kry dit in hulle werk beslag, is daar
so iets soos vroue wat mekaar bemagtig,
of is presies die teenoorgestelde waar?
30
MAY
2018

HARTEBREKER: CHRIS BARNARD EN DIE EERSTE HARTOORPLANTING

Met: James Styan en Gilbert Gibson.
Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers.
Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en
egskeidings) van hartchirurg Christiaan
Barnard het soms die impak van sy
historiese eerste hartoorplanting
oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie
des te meer merkwaardig – veral as
gekyk word na eksklusiewe foto’s van
toe (wat ook gewys sal word). Gilbert,
mediese dokter en digter, vra James
uit – ook oor Hamilton Naki, die swart
tegnikus wat saam met sy vriende die
chirurg agter die skerms gehelp het.
30
MAY
2018

HANNELIE GROENEWALD: TERREUR IN KABOEL

Aangebied deur Lux Verbi.
Vier jaar gelede is ’n Pretoriase ma se
man en twee kinders uitgewis in ’n
terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar
Hannelie se man opheffingswerk gedoen
en sy as dokter gewerk het. Net hulle
een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli
vertel aan skrywer en terapeut Juliana Coetzer (Oorkant jou) van daardie dag en
hoekom sy vergifnis bo bitterheid kies.
30
MAY
2018

PIETER-DIRK UYS: WEERKLINK VAN ’N WANKLANK

Aangebied deur Missing Ink.
Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed
om die storie ágter die stories te vertel
in hierdie teatermemoires, wat saam met
sy Engelse weergawe, Echo of a Noise,
nou in boekvorm verskyn. Hy bied ’n
kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en
gesag – van sy familie in Pinelands met
Ma Helga en Pa Hannes, wat met liefde,
musiek en dissipline sy lewensiening help
vorm het, tot die latere spartelings met
sensuur en Nasionale Party-kaskenades.
Kom beleef dele van die boeke as
opvoering, maar hoor ook hoe die
verwerking die storie help ontwikkel het.
30
MAY
2018

SCHALK VAN DER MERWE: ON RECORD

Met: Andries ‘Roof’ Bezuidenhout.
Aangebied deur African Sun Media.
In On Record – Music and Society in Recorded
Popular Afrikaans Music Records, 1900-2017
ondersoek Schalk die geskiedenis van
opgeneemde populêre musiek - van die
eerste opname van die ou volkslied tot
Steve Hofmeyr se onlangse optredes,
en maak hy en Andries musiek.
30
MAY
2018

RECCES KAN OOK KOOK

In gesprek met: Alexander Strachan.
Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers.
Oud-Recces Justin Vermaak en Douw Steyn gesels met Zander, ’n bekroonde skrywer
en self ’n oud-Recce, oor hulle boek, Recceresepte
vir kos, die bos, die lewe, waarin hulle
‘n kykie gee in dié elite-groep soldate
se roetine en lewensfilosofie, maar ook
vertel van eetgoed soos gebraaide luislang...
29
MAY
2018

OORKANT JOU: ’N VERHAAL UIT DIE BINNEKAMER

Met: Juliana Coetzer en Riette Rust.
Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers.
Sy het haar persoonlike reis met haar
baie siek dogter in Bloedvreemd beskryf.
Nou skryf Juliana oor die uiteenlopende
mense – veral vroue – wat haar pad as
psigoterapeut kruis. Riette gesels met haar
oor swaarkry en herstel en hoe sy die leser
op ’n reis neem wat eintlik ons almal s’n
is: van grootword en eienaarskap neem.
29
MAY
2018

VADERLAND, MOEDERBAND, BROEDERLIEFDE

Met: SJ Naudé en Eben Venter.
In altwee dié romans word ’n wêreld
anderkant geografiese grense verken,
maar ook grense van die band met ’n
ma en seksualiteit. In Die derde spoel
projekteer SJ (of Fanie) ’n donker
poëtiese beeld van liefde tussen mans
op ’n steeds verskuiwende doek, terwyl
Eben in Groen soos die hemel daarbo
ritueel maak van erotiese ervarings en
die ontginning van selfkennis daaruit.
Frederik de Jager gesels met hulle.
29
MAY
2018

ANTJIE KROG: SUSKE EN WISKE EN MANDELA

Met: Daniël du Plessis,
Willem Samuel en Loyiso Mkize.
Honderd jaar ná Mandela se geboorte
kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika –
uitgebeeld word in twee Vlaamse comics
uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie
jong plaaslike comics-kunstenaars.

73 episodes

« Back 13—24 More »