#JouMenseMyMense saam met SPAR – Talitha dans op die ritme van hoop

--:--
Talitha de Klerk moes op hoërskool ‘n opstel skryf oor iets wat haar bekommer. In daardie stadium het daar reg langs haar kerk se nuwe gebou ‘n plakkerskamp gevorm. Talitha het geskryf oor haar bekommernis dat hierdie mense ‘n wanpersepsie van Jesus se liefde sou hê as die kerk nie na hulle uitreik nie...

Na skool het sy by ‘n uitvoerende kunste bedieningspan aangesluit en tydens ‘n uitreik na Mosambiek, het die kinders van ‘n kinderhuis Talitha gesmeek om hulle te leer dans. Met haar terugkeer na Suid-Afrika was die storie van Michaela DePrince op die nuus - die weeskind van Sierra Leone wat uit haar omstandighede gered is deur dans en daardie naweek het haar gemeente aangekondig dat hulle ‘n skool begin vir die kinders van die plakkerskamp – Pure Hope School. Talitha het dadelik geweet - dis waar sy haar roeping sal uitleef.

In 2012 het sy met 6 dogtertjies in haar balletklas Rhythm of Hope begin en vandag staan sy verstom oor hoe die Here deure oopgemaak het om vir hierdie program te voorsien.

Talitha droom dat hierdie dogters bo hulle omstandighede sal uitstyg en die sterk vroue sal word wat die Here hulle gemaak het om te wees. ‘n Generasie wat bemagtig is met ‘n getuienis van hoop en ‘n volgende generasie sal inspireer om ook op die ritme van hoop te dans!
28 Oct 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min