#JouMenseMyMense saam met SPAR – Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie – 21 Oktober 2020

Loading player...
Pieter Basson is ‘n baie gelukkige inwoner van Uitkoms – ‘n versorgingsentrum vir persone met verstandelik- en intellektuele gestremdhede.

Pieter is 36 jaar oud en hy het downsindroom. Beide sy ouers is oorlede.

Huismoeder, Lorraine Loots wie se seun self by Uitkoms woon, beskryf Pieter as ‘n vredeliewende teddiebeertjie, met die mooiste geaardheid en so liefdevol. Inteendeel wanneer sy die behoeftes van die ongeveer 50 inwoners opsom is dit net liefde, drukkies en aandag.

Dis Lynn Buys wat vir ons die e-pos gestuur het om te vertel van Pieter se behoefte. Gelukkig het ons ‘n paar goeie vriende hier by GROOTfm 90.5 en kon ons vir Pieter gaan kuier om die inwoners in teetyd met ietsie soet te bederf en dis Elzabe Booysen, die bestuurder van Uitkoms se werkswinkel wat ons meer vertel van hierdie spesiale sentrum en sy mense.
21 Oct 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min