#JouMenseMyMense saam met SPAR – Helpende Hand, 25 Maart 2020

--:--
Ons is oorweldig en miskien onkant gevang, maar ons is nie moeg of moedeloos nie. Ons ervaar ‘n druk, maar ons is nie teneergedruk nie. Ons het nie dadelik al die antwoorde nie, maar ons is nie raadop nie. Mense kry swaar, maar niemand is verlate, vergete of verslaan nie, want in elke krisis, was daar nog altyd iemand wat help.

Terwyl ons op ‘n fisiese afstand moet bly, is Suid-Afrikaners nader as ooit aanmekaar gebind deur ‘n gemeenskaplike stryd wat ons saam veg. Ons het mekaar werklik nodig. Daar is net nie ruimte vir selfgestentreerde isolasie waar dit nou net om myself en my eie mense gaan nie. Jou mense is ook my mense. Jou nood raak ook my.

Skouer teen skouer - elmboog teen elmboog - en langs mekaar op ons knieë is mense aan die bid en aan die werk om verligting te bring, veral vir ons weerlose gemeenskappe wat die hardste getref word. “Was jou hande”, “versterk jou immuniteit”, “bly op ‘n afstand” en “laat jou toets” is net nie so van selfsprekend in gemeenskappe waar sink- en houthuisies muur teen muur gebou staan en daar nie lopende water of seep, elektrisiteit, kos of selfs vervoer tot by die naaste hospitaal is nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR se JouMenseMyMense projek wil die stories van dapper dienaars deel wat hoop tasbaar maak in hierdie tyd en op die voorgrond voort veg om seker te maak dat honger en eensaamheid nie ‘n groter krisis as die virus word nie. Lindie Strydom gesels met Hannes Noëth, Uitvoerende Hoof van Helpende Hand oor hulle werksaamhede, planne en aanpassings in ‘n tyd van ‘n virus en soveel verlies, maar ook ‘n tasbare Hoop wat niemand kan miskyk nie.
25 Mar 2020 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min